Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Toetse vir MIV-entstof bring hoop

’n MIV-entstof wat nog klinies getoets word, het die potensiaal om beskerming teen ’n wye verskeidenheid van dié stamme te bied.

Die navorsing is bekend bemaak in The Lancet nadat die entstof suksesvol in resusape en gesonde volwasse mense getoets is.

Die MIV-1-entstof is getoets in 400 gesonde mense, waarna dit later uitgebrei is tot 2 600 wat ’n risiko gehad het om die siekte op te doen. Die betrokke entstof is een van vyf wat klinies getoets word en belofte inhou.

Dit staan bekend as ’n mosaïek-entstof, wat beteken dit neem dele van verskillende MI-virusse en kombineer dit. Dit ontlok dan ’n immuniteitsrespons teen verskeie stamme van die virus wat oor die wêreld heen voorkom.

Kenners waarsku egter dat die resultaat versigtig benader moet word, en die feit dat ’n immuniteitsrespons gevind is, beteken nog nie daar sal behoorlike beskerming teen MIV wees nie. Die volgende stappe in die kliniese toetse sal bepaal of mense daarteen beskerm sal wees om die virus op te doen.

’n Vorige entstof wat in Thailand getoets is, het 32% beskerming gebied en dit was nie genoeg nie.

Die entstof wat nou verder getoets sal word (Ad26.Mos), word versterk met nog twee immuniserings 24 en 48 weke later om ’n sterker respons van die immuniteitstelsel te kry.

Die navorsers hoop om in 2021 weer resultate te kry en dat dit mense veral in Suider-Afrika teen MIV sal beskerm. Daar is wêreldwyd steeds twee miljoen nuwe infeksies per jaar.

Meer oor:  Suid-Afrika  |  Thailand  |  Toetse  |  Navorsing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.