Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Tot 6 mense in 1 familie sterf in Limpopo aan Covid-19

Die tweede vlaag van die koronavirus saai verwoesting in Limpopo met tot soveel as ses mense in een familie wat aan die gevreesde virussiekte sterf.

So het dr. Phophi Ramathuba, LUR van gesondheid in Limpopo, Dinsdagaand in ’n verklaring op die vooraand van ’n besoek van dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, aan die provinsie gesê.

Boonop het die Covid-19-sterftesyfer in Limpopo weens ’n vroeëre vertraging van die verwerking van dié syfers skerp gestyg.

Volgens Ramathuba is 238 nuwe sterftes Dinsdag aangeteken.

“Dit kom ná die finale verwerking van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) se syfers. Weens die vertraging van die verwerking van sterftesyfers kon dit nie vroeër bekend gemaak word nie.”

zweli mkhize, Ramathuba
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, en dr. Phophi Ramathuba, LUR vir gesondheid in Limpopo, besoek vandag die Tshilidzini-hospitaal buite Thohoyandou om te kyk na die Covid-19 situasie. Mkhize besoek later vandag nog hospitale in die provinsie. Foto: Verskaf

Sommige van die 238 sterftes was so lank gelede as in Augustus verlede jaar. Sedert Maart is 977 mense in die provinsie aan Covid-19 dood.

Luidens ’n verklaring van die provinsiale departement van gesondheid was 160 van die 238 sterftes in private hospitale en 78 in provinsiale hospitale.

Mkhize het Woensdag die Tshilidzini-hospitaal buite Thohoyandou besoek, voordat hy later na die Mokopane-hospitaal in Mahwelereng buite Mokopane sal gaan.

Hy sal laat Woensdagmiddag die TB-hospitaal in Modimolle, wat verlede jaar in ’n Covid-19-hospitaal omskep is, besoek.

Ramathuba het Dinsdag dié hospitaal besoek. Beddens is steeds hier vir Covid-19-pasiënte beskikbaar.

Private hospitale in Limpopo is naby aan vol en daar was al gevalle waar pasiënte na provinsiale hospitale verwys moes word.

’n Veldhospitaal met 80 beddens is twee weke gelede op die parkeerterrein van die Netcare Pholoso-hospitaal in Polokwane opgerig. Die pasiënte word eers daar gestabiliseer voordat hulle na die hospitaal oorgeplaas word.

Volgens die nasionale departement van gesondheid was daar Woensdag 7 803 aktiewe koronavirusgevalle in Limpopo.

Meer oor:  Phophi Ramathuba  |  Lur  |  Sterftes  |  Koronavirus  |  Tweede Vlaag  |  Pandemie  |  Covid-Sterftes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.