Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Trane van blydskap toe 'Elvis' ontslaan word
Ndumiso “Elvis” Mavimbela
Die fisioterapeut Leana Louw staan by Ndumiso “Elvis” Mavimbela in die Tygerberg-hospitaal.

Trane van blydskap het gevloei toe ’n hy ondanks etlike terugslae en ná bykans ’n maand in die Tygerberg-hospitaal in Kaapstad uiteindelik ontslaan is.

Ndumiso “Elvis” Mavimbela (54) van Delft is op 25 April in die hospitaal opgeneem nadat hy positief vir die koronavirus getoets is. Hipertensie is ook by hom gediagnoseer terwyl hy in die hospitaal was.

“Mavimbela is die eerste pasiënt in die Tygerberg-hospitaal wat ernstige longontsteking gehad het en suksesvol van ’n ventilator gehaal en uit die waakeenheid van die Covid-19-afdeling ontslaan is,” sê die hospitaal in ’n verklaring.

Mavimbela is ’n tyd gelede uit die waakeenheid ontslaan, maar toe sy toestand verswak het, is hy weer daar opgeneem en aan ’n ventilator gekoppel.

“Hy is op 15 Mei weer na die gewone afdeling vir Covid-19-pasiënte oorgeplaas en hy is op 27 Mei ontslaan.”

Die personeellede wat met hom in kontak was, was baie emosioneel oor sy indrukwekkende herstel ná al die probleme wat hy gehad het.”

Met sy ontslag het die gesondheidswerkers hom toegejuig toe hy uit sy rolstoel opgestaan en ’n paar treë gegee het. Die trane het geloop en hulle het hom vir sy moed en deursettingsvermoë geprys.

Alison Pieterse, hooffisioterapeut, sê die bydrae wat elke personeellid gemaak het tesame met Mavimbela se veggees en toewyding was vir hierdie ongelooflike uitkoms verantwoordelik.

Meer oor:  Delft  |  Tygerberg-Hospitaal  |  Kaapstad  |  Covid-19  |  Koronavirus  |  Herstel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.