Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Trump vra $2,5 mjd. om virus in VSA te bekamp

Pres. Donald Trump het die Amerikaanse kongres $2,5 miljard gevra om die dodelike Covid-19-virus te bekamp, het die Withuis Maandag gesê.

Al-Jazeera berig die Withuis het aangedui dat meer as $1 miljard van die bedrag wat versoek word, bestee sal word aan die ontwikkeling van ’n entstof. Die res sal vir behandeling en die verkryging van beveiligingstoerusting soos maskers gebruik word.

Ondanks ’n beperkte aantal gevalle in die VSA en weens die finansiële markte se kommer dat die virus ’n aansienlike impak op die wêreldekonomie kan hê is die Trump-administrasie glo oorgehaal om te wys dat hy gereed is om die virus te bekamp.

Die virus het reeds na 29 lande versprei.

Pres. Donald Trump. Foto: Reuters

Rachel Semmel, woordvoerder vir die Withuis se kantoor van bestuur en begroting, het gesê die Trump-administrasie beskou die verspreiding van Covid-19 in ’n baie ernstige lig.

Daar was tot dusver 53 bevestigde gevalle van die koronavirus in die VSA. Hiervan is 14 mense in Amerika gediagnoseer, terwyl die 39 ander van China, waar die virus uitgebreek het, na Amerika teruggestuur is. Dit sluit in die Amerikaanse passasiers van die Diamond Princess, ’n passasierskip wat in Japan in kwarantyn lê, volgens die sentrum vir siektebeheer en -voorkoming (CDC).

Gesondheidsamptenare van die VSA het gewaarsku dat die gevalle onder die gerepatrieerde Amerikaners waarskynlik sal toeneem.

Die CDC het Amerikaners ook Maandag gewaarsku om reise na Suid-Korea weens die verspreiding van die virus daar te vermy.

“Ons het aggressief gewerk om die verspreiding van die virus te keer, en ons bes gedoen om te keer dat dit die land inkom,” het Hogan Gidley, woordvoerder van die Withuis, Maandag aan verslaggewers gesê.

Meer oor:  Donald Trump  |  Covid-19  |  Coronavirus  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.