Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Tygerberg kry nuwe toestel vir kinders met longkwale

Die Tygerberg-hospitaal in Kaapstad spog met nuwe toerusting van R3 miljoen wat geskenk is om longkwale by kinders makliker op te spoor.

Dié hospitaal is die eerste in Afrika met die Olympus- pediatriese ultraklank-brongoskopiestelsel wat na verwagting die diagnose van pulmonêre tuberkulose (TB) by klein kindertjies sal verbeter.

Prof. Pierre Goussard en Helene Visser van die Blouberg-Rotariërklub by die nuwe brongoskopiestelsel in die Tygerberg-hospitaal. Foto: Verskaf

Dit verg minder ingrypende behandeling by kinders en kan ook help met die behandeling van kanker by volwassenes, lui ’n verklaring wat die Wes-Kaapse departement van gesondheid Dinsdag uitgereik het.

Prof. Pierre Goussard, Tygerberg se hoof van kliniese pediatriese pulmonologie, verduidelik dat brongoskopie gebruik word om die lugweë te ondersoek.

“TB by kinders gaan gewoonlik met limfkliere buite die lugweë gepaard. Dit is nie sigbaar met brongoskopie nie en die omvang vir volwassenes is veels te groot vir kinders. Met die hulp van radiale endoskopiese ultraklank kan jy die limfkliere egter met sonar vind.”

Dit stel dokters in staat om ’n biopsie van die limf te neem, waar dit voorheen borschirurgie vereis het.

Dit kan ook vir die diagnose van longkanker by volwassenes gebruik word.

Volgens navorsing van die Universiteit Stellenbosch is TB steeds die hoofoorsaak van sterftes in Suid-Afrika, en daar is meer as 800 nuwe infeksies per dag.

Met die toename in TB-gevalle wat weerstandig teen verskeie middels is, is dit noodsaaklik dat monsters vir diagnose gekry word om vroeg met die regte behandeling te kan begin.

Dié toerusting sal die hospitaal ook die geleentheid bied om die wêreld in die navorsing oor pediatriese TB en pulmonologie te lei.

“Voorheen sou pasiënte vir behandeling bestraal moes word.”

Goussard het die Blouberg-Rotariër-klub en die Tygerberg-hospitaal se kinderfonds bedank vir die skenking wat oor drie jaar ingesamel is en waarvan die meeste van die geld van die buiteland af kom.

Meer oor:  Tygerberg-Hospitaal  |  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.