Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Uitbreking van Afrika-varkgriep in Noordwes
varkgriep

’n Uitbreking van Afrika-varkgriep is in die Zeerust-gebied in Noordwes aangemeld, het die departement van landbou, bosbou en visserye Donderdag in ’n verklaring gesê.

Luidens die verklaring is die uitbreking Woensdag aan die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (OIE) gerapporteer.

Die plaas waar die virus opgespoor is, is onder kwarantyn geplaas deur die Noordwes- Provinsiale Veeartsenydienste, wat ook opvolgondersoeke doen en beheermaatreëls vir hierdie uitbreking toepas.

Afrika-varkgriep is ’n ernstige siekte onder varke, wat kan veroorsaak dat varke baie vinnig siek word. Dit kan daartoe lei dat groot getalle varke binne ’n kort tydperk vrek. Afrika-varkgriep beïnvloed mense glad nie.

Die virus is endemies in die natuur in ’n beheerde gebied (gebied in kaart aangedui) en spesifieke maatreëls om varke in hierdie gebied aan te hou word omskryf in die Wet op Dieresiektes van 1984. Die wet sluit ook beperkinge op die verskuiwing van varke en varkprodukte in hierdie gebied in.

Dit is ook belangrik om net varke te koop wat uit ’n gesonde kudde kom en nie varke te koop waarvan die gesondheidstatus onbekend is nie.

Die siekte word oorgedra deur kontak met besmette varke of vlakvarke wat besmette bosluise uit die endemiese gebied saamneem. Voeding van besmette kombuisafval kan ook die siekte oordra.

Ten einde besmetting van varke te voorkom, word boere aangeraai om varke in kampe te hou waar vlakvarke nie kan kom nie.

“Dit is ook belangrik om net varke te koop wat uit ’n gesonde kudde kom en nie varke te koop waarvan die gesondheidstatus onbekend is nie,” lui die verklaring.

“Onder geen omstandighede mag kombuisafval aan varke gevoer word nie, tensy dit vir ’n uur gekook is om die virus en ander siektes dood te maak.”

Meer oor:  Zeerust  |  Varkgriep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.