Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
US-klasse slegs aanlyn oor Covid-19

Vrese vir die verspreiding van Covid-19 het die Universiteit Stellenbosch (US) genoop om weer die lesingsale en ander lokale op sy kampus te sluit. Alle lesings sal tot aan die einde van die tweede kwartaal (18 Junie) aanlyn aangebied word.

Dié besluit is Donderdagaand geneem nadat Alan Winde, Wes-Kaapse premier, aangekondig het dat alle tekens daarop dui dat die provinsie nou in ’n derde vlaag van die Covid-19-pandemie is.

Prof. Stan du Plessis, voorsitter van die US se institusionele komitee vir bedryfsvoortsetting (IKBV), het die personeel en studente in ’n omsendbrief in kennis gestel dat 36 mense op die kampus, wat ’n aantal gevalle in die Metanoia-koshuis insluit, sedert Maandag positief vir die virus getoets is.

’n Deel van die kampus van die Universiteit Stellenbosch. Foto: Gallo Images

Du Plessis het gesê die US se protokol word gevolg en die betrokkenes is nou in afsondering of kwarantyn.

Hy het gesê op advies van die provinsiale gesondheidsowerhede het die US besluit om dadelik alle lesings en tutoriale sessies aanlyn aan te bied.

Alle sosiale en ander groepsaktiwiteite, waaronder sport op die US se kampusse (hetsy deur die US gereël of nie), word onmiddellik gestaak.

Plekke op die kampus waar studente in groepe bymekaarkom, word onmiddellik gesluit. Dit sluit die rekenaargebruikersareas en studiesentrums (insluitende ruimtes in die biblioteek wat vir studie gebruik word) in.

Du Plessis het gesê die US hoop dat die nuwe maatreëls sal help om die situasie te verbeter sodat die eksamens, wat vir 21 tot 24 Junie beplan is, steeds in persoon en onder toesig kan voortgaan.

Hy het gesê die US se eksamenprotokol maak voorsiening vir ’n streng beheerde omgewing vir die veilige aflê van assesserings.

Du Plessis het ’n beroep gedoen op die US se studente en personeel om hul pogings te verdubbel sodat die semester suksesvol voltooi kan word.

Meer oor:  3De Vlaag  |  Pandemie  |  Universiteit Stellenbosch  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.