Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
UV staak opleiding by hospitaal ná aanvalle

Die mediese fakulteit van die Universiteit van die Vrystaat (UV) het Saterdag die opleiding van sy studente by die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein gestaak nadat twee vrouedokters in een week by die hospitaal aangeval is.

Lacea Loader, woordvoerder van die UV, sê hulle sal die veiligheid en sekuriteit by die hospitaal in die komende week deeglik evalueer.

Nog ’n vrouedokter is glo Saterdag in die vroeë oggendure deur drie gewapende mans in die parkeerterrein van die hospitaal aangeval en van haar selfoon beroof.

Die mans, waarvan een met ’n pistool gewapen was, wou glo die dokter se motor ook steel, maar sy het geskreeu en die mans het net haar selfoon gegryp en gevlug.

Een van die mans het die pistool se magasyn in die parkeerterrein laat val.

Die jongste aanval kom nadat ’n 24-jarige inwonende dokter verlede Dinsdagaand byna deur ’n man in die hospitaal verkrag is.

Loader sê in ’n verklaring die UV- en hospitaalbestuurder bespreek tans dringend die universiteit se kommer oor veiligheidsmaatreëls by die Pelonomi-hospitaal.

Meer oor:  Pelonomi-Hospitaal  |  Uv  |  Aanvalle  |  Verkragting  |  Dokters
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.