Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Vakbondlede betoog buite hospitaal

Sowat 50 lede van die The National Union of Public Service and Allied Workers (Nupsaw) het Woensdagoggend voor die Far East Rand-hospitaal aan Gauteng se Oos-Rand byeengekom.

Hulle is ongelukkig oor ’n beweerde gebrek aan gesondheidsmaatreëls te midde die Covid-19-pandemie in die hospitaal.

“Ses werkers het reeds positief getoets hier. Die bestuur weier om personeel in self-isolasie te plaas en wil slegs dit begin doen wanneer kontakte se toetsuitslae bekend is. Die bestuur het ook nie die hospitaal ontsmet nie,” sê Kagiso Makoe, woordvoerder van Nupsaw.

Die vakbond eis dat die hospitaal onmiddellik gesluit word omdat daar glo meer as 1 300 persone in kontak was met diegene wat positief vir die virus getoets is.

Die Gautengse gesondheidsdepartement ontken egter Nupsaw se bewerings dat kontakte nie hulself mag isoleer en die hospitaal nie ontsmet word nie.

“Diegene wat as hoë-risiko-kontakte geïdentifiseer is, is gevra om vir 14 dae te self-isoleer,” sê Kwara Kekana, die departement se woordvoerder.

Kekana sê plekke in die hospitaal waar mense werk wat positief getoets is, is gesluit en ontsmet.

“Dit sluit die wasgoed-, vervoer-, portuur- en die toetsafdeling in,” sê Kekana.

Lees die vakbond se volledige verklaring hier:

Meer oor:  Nupsaw  |  Betoog  |  Koronavirus (Covid-19)
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.