Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Valsnuus oor virus: 'Geen gevalle in Mpumalanga'

Die departement van gesondheid in Mpumalanga het sy kommer uitgespreek oor die vals nuus wat op sosiale media versprei word dat mense in dié provinsie positief vir die nuwe koronavirus getoets het.

Dit kom ná bewerings dat iemand in Mbombela die virus onder lede het. Sondag is ook op sosiale media beweer dat iemand van Emalahleni die virussiekte Covid-19 opgedoen het.

Sasekani Manzini, LUR vir gesondheid in Mpumalanga, sê in ’n verklaring geen gevalle van Covid-19 is in Mpumalanga aangemeld nie.

“Daar is geen rede om paniekerig te wees nie. Ons wil die publiek gerusstel dat die departement op ’n hoë gereedheidsgrondslag is. As enigiemand positief vir die virus toets, sal ons die publiek onmiddellik inlig,” sê Manzini.

Slegs die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, mag ’n positiewe geval bevestig.

Luidens die gesondheidsdepartement is die tekens en simptome van Covid-19 onder meer koors, moegheid, ’n droë hoes, seer keel, liggaamspyne en diarree.

Die departement het mense wat van dié simptome toon, aangeraai om hul naaste gesondheidsfasiliteit te besoek om getoets te word.

Meer oor:  Mpumalanga  |  Fopnuus  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.