Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Varkgriep vir eers onder beheer in Bloem

Die H1N1-virus (sogenaamde varkgriep) is vir eers onder beheer in Bloemfontein nadat daar in Mei ’n beduidende toename was.

So sê dr. Nazell Strampe van die Life Rosepark-hospitaal se noodgevalle.

Kinders in Bloemfonteinse laerskole wat griepsimptome toon, word steeds uit die skool gehou. Riley Devenish is een van talle gr. 1-leerlinge wat onlangs griepsimptome getoon het. Foto: Charl Devenish

Sy het Maandag ’n verslag van Pathcare gekry waarin dié patoloë aandui dat daar ’n sterk toename in influensa A in Mei was, maar dat dit weer afgeneem het.

“Slegs 6% hiervan was varkgriep, en influensa B het minimaal voorgekom.”

Sy het voorverlede week ’n kennisgewing aan talle skole gestuur om te waarsku teen ’n verhoogde voorkoms van die griep- en varkgriepvirus in Bloemfontein en dat Tamiflu die gepaste medikasie hiervoor is.

Die varkgriepvirus was egter Maandag weer onder beheer.

Sy sê al drie stamme, influensa A, H1N1 en H3N2, en influensa B, reageer goed op Tamiflu en Relenza.

“Dit is ook nooit te laat om die griepinspuiting te kry nie, hoewel dit twee weke neem om in werking te tree.”

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is dit die tweede keer in 36 jaar dat die griepseisoen so vroeg begin het.

Dit het vanjaar in die 16de week in Suid-Afrika begin (die week wat op 21 April geëindig het), waar dit gewoonlik middel Mei begin. Die vorige vroeë begin was in 2015.

Sinenhlanhla Jimoh, woordvoerder van Nios, sê die sogenaamde “varkgriep” is een van die seisoenale virusse wat hulle elke jaar tydens die griepseisoen sien sedert die voorkoms daarvan in 2009.

“Influenza is ’n asemhalingsiekte wat deur druppels versprei word, soos wanneer mense hoes, nies of praat, of as jy aan oppervlakke of voorwerpe raak.”

Influenza is ’n asemhalingsiekte wat deur druppels versprei word, soos wanneer mense hoes, nies of praat, of as jy aan oppervlakke of voorwerpe raak.

Dít maak dit maklik vir die virus om van een persoon na ’n ander te versprei.

“Mense met griepsimptome moet liefs by die huis bly en aanraking met ander mense beperk totdat die simptome verby is.”

Jimoh sê hulle moet hul neus en mond bedek wanneer hulle nies of hoes, en hul hande gereeld met seep en water was.

Volgens haar is daar ’n aantal respiratoriese virusse wat nou die ronde doen en kan siektes soos algemene verkoue veroorsaak.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Varkgriep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.