Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Vasgebinde vrou (76) ‘stil’ na voorval in hospitaal
Martha Marais (76) is onder ’n ry stoele in die Mamelodi-hospitaal vasgebind.

Die 76-jarige vrou wat Woensdag in die Mamelodi-hospitaal in Pretoria onder ’n ry stoele vasgebind is, is “baie stil” en getraumatiseerd na die voorval.

Die familie van Martha Marais van Eersterust het Vrydagmiddag ’n klag van aanranding teen die hospitaal by die polisie aanhangig gemaak.

“Tannie Martha Marais is baie stil sedert die voorval. Sy is deur trauma en wil nie by die hospitaal wees nie, want sy is bang vir die mense daar,” sê Virginia Keppler, familiewoordvoerder.

Foto’s en beeldmateriaal van Marais wat op die vloer van die hospitaal met haar hande agter haar rug vasgemaak aan ’n ry stoele lê het opslae gemaak.

Haar familie het haar Woensdagaand so aangetref nadat sy reeds sedert Dinsdag vir mediese hulp vir naarheid en ’n maagkwaal gewag het.

Dr. Zweli Mkhezi, minister van gesondheid en dr. Bandile Masuku, Gauteng se LUR vir gesondheid, het die hospitaal Donderdag besoek en opdrag gegee dat ’n volledige ondersoek gedoen word.

Hulle het albei gesê die betrokkenes mag nie toegelaat word om met pasiënte te werk nie en dat daar dadelik opgetree moet word.

Virginia Keppler, woordvoerder van Martha Marais se familie, praat buite die Mamelodi-Oos-polisiekantoor waar Marais se familie ’n saak van aanranding geopen het. Foto: Christiaan du Plessis
Zoey Masuku-Mabaso, takvoorsitter van die #NotInMyName-beweging in Mamelodi. Sy sê hulle sal die Mamelodi-hospitaal Sondag weer besoek waar die 76-jarige Martha Marais onder ’n ry stoele vasgebind is.Foto: Christiaan du Plessis
Martha Marais

Vrydagoggend het Lesemang Matuka, woordvoerder van die provinsiale departement van gesondheid, gesê hospitaalpersoneel wat die dag van die voorval aan diens was, sal ondervra word.

Hoewel die LUR ingetree het, weet die familie nie of die betrokkenes geskors is en steeds met pasiënte werk nie.

“Die betrokkenes moet tot verantwoording gebring word. Wie het opdrag gegee om haar vas te bind?,” wil Keppler weet.

“Die familie wil voorkom dat enigiemand ooit weer só iets oorkom.”

Wat Marais se gesondheid betref, is haar familie bekommerd.

“Ons wil haar na die Steve Biko-hospitaal oorplaas, maar die familie kan nie net die besluit neem nie.”

Zoey Masuku-Mabaso, takvoorsitter van die #NotInMyName-beweging in Mamelodi, het gesê hulle sal die hospitaal weer Sondagoggend besoek vir antwoorde.

“Die hospitaalbestuur het gevra dat ons hulle 72 uur gee om die voorval te ondersoek,” sê Masuku-Mabaso buite die polisiekantoor.

Marais se familie sal binnekort met die LUR en hospitaalbestuur vergader om die voorval te bespreek.

“Daar is nog nie verduidelik wat tot die voorval gelei het nie, maar geen antwoord sal dit regverdig nie. Sy is nie ’n gewelddadige mens nie – sy is piepklein,” sê Keppler.

Keppler sê die familie bedank die publiek vir hul ondersteuning.

Meer oor:  Martha Marais  |  Mamelodi-Hospitaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.