Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Verandering in klimaat kan sielkundige probleme skep

Klimaatsverandering kan mense se sielkundige gesondheid toenemend benadeel.

Dit is die bevinding van ’n grootskaalse studie wat in die vaktydskrif Proceedings of the National Academy of Sciences verskyn het.

Droogte en ander uiterste klimaat word verbind met psigiatriese siektes. Foto: Pixabay

Selfs blootstelling op kort termyn aan uiterste weersomstandighede, soos siklone, vloede, orkane, hittegolwe en droogte kan mense se sielkundige gesondheid benadeel.

In die studie is daar na data van twee miljoen mense van die Sentrum vir Siektebeheer in Amerika gekyk – van 2002 tot 2012.

Indien die gemiddelde maandelikse temperatuur van tussen 25°C en 30°C styg tot meer as 30°C, is ’n halwe persentasiepunt van mense aangemeld wat verskeie simptome van sielkundige en psigiatriese siektes ervaar. Dit is indien die styging vir sowat 30 dae is, maar sodra dit langer is, sukkel tot 2% van die mense, selfs al styg die gemiddelde temperatuur net met 1°C.

Indien mense blootgestel is aan orkane soos orkaan Katrina, het siektes met 4% toegeneem en hoe meer mense sulke klimaat- en weerskommelings ervaar, hoe erger raak dit. Tydens en ná Katrina het baie mense akute depressie, angs en posttraumatiese stres ervaar.

Die studie het uitgewys dit kan vererger soos wat klimaatsverandering se intensiteit in die toekoms toeneem.

Hitte en droogte verhoog die risiko van selfdood, en in sulke tye gaan aansienlik meer mense hulp soek by hospitale.

Dit is wel moontlik dat mense in die toekoms kan aanpas deur middel van tegnologie en ander metodes, het die kenners bevind.

Maar hulle het bygevoeg dat dié studie bewys mense word reeds op sielkundige vlak geraak deur veranderings in die klimaat. Daar wag volgens die studie talle uitdagings weens klimaatsverandering op mense, op baie vlakke van die samelewing.

* In ’n ander studie wat onlangs verskyn het in die vaktydskrif Child and Adolescent Psychiatry and Mental Health is bevind aansteeklike siektes onder kinders is stadig maar seker besig om af te neem en psigiatriese siektes onder kinders tussen 4 en 15 jaar gaan in die toekoms die uitdaging wees - selfs in ontwikkelende lande.

Tans is die siektes en toestande nog stabiel, maar dit het ook nog nie afgeneem nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.