Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Verleng Ters-voordele tot inperkings eindig – LUR

Die verlenging van die staat van inperking tot 15 Februarie moet met ’n verlenging van die tydelike verligtingskema (Ters) aan werkers en werkgewers gepaard gaan.

So het David Maynier, Wes-Kaapse LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede, Dinsdag in ’n verklaring gevra.

David Maynier, Wes-Kaapse LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede.

Hy sê die toerisme- en gasvryheidsbedryf is reeds swaar deur inperkings getref en poste gaan verlore weens die sluiting van strande, die aandklokreël en die verbod op drankverkope.

Met die president se aankondiging verlede week dat die vlak 3-inperkings tot 15 Februarie van krag bly, het Maynier sy versoek herhaal dat die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) se Covid-19-Ters-skema ook tot dan verleng word.

“Ons het talle e-posse van ondernemings en mense ontvang wat die laaste tien maande uitgehou het, maar eenvoudig nie kan voortgaan om hul onderneming te onderhou of werknemers te betaal met die huidige inperkings nie.”

Volgens Maynier is dit nie billik om van die toerisme- en gasvryheidsbedryf en ondernemings wat drank verkoop te verwag om voort te gaan met beperkte bedrywighede of om in die spitssomerseisoen te sluit sonder finansiële bystand nie.

Dié geld kan die lewenslyn verskaf wat ondernemings en werknemers benodig om hul werksaamhede aan die gang te hou terwyl die inperkings op die ekonomie geld.

Om dié rede het hy ’n geskrewe versoek aan Thulas Nxesi, minister van indiensneming en arbeid, gestuur om dringend die Ters-voordele vir die duur van vlak 3 te verleng.

“Sowat R56 miljard in Ters-uitbetalings is tussen einde Maart en 15 Oktober 2020 gedoen.”

Maynier sê bykomende uitbetalings kan deur die WVF se beleggingsportefeulje van R114 miljard tot en met 31 Maart verlede jaar gefinansier word.

“Dié geld kan die lewenslyn verskaf wat ondernemings en werknemers benodig om hul werksaamhede aan die gang te hou terwyl die inperkings op die ekonomie geld.”

Die Wes-Kaapse regering se eenheid om burokratiese rompslomp te verminder het ook ondernemings en individue bygestaan wat vertragings met uitbetalings ervaar het, luidens die verklaring. Dit sluit in 173 ondernemings en 7 561 werknemers wat ondersteun is om betalings van altesaam R38,7 miljoen te fasiliteer.

Meer oor:  David Maynier  |  Covid-19  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.