Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Verskaffer van ivermektien: Dosis sal veilige perk ‘ver oorskry’

Die konsentrasie van ivermektien wat nodig sal wees om die koronavirussiekte teen te werk, sal die dosis wat as “veilig” beskou word “aansienlik oorskry”, het een van die wêreld se vernaamste biofarmaseutiese maatskappye Woensdag aan Netwerk24 gesê. Hulle soek dus na alternatiewe.

Merck and Company in New Jersey, Amerika, dryf buite Amerika en Kanada handel as MSD.

Ironies genoeg is dit ook Merck, of MSD, wat ivermektien, ’n middel wat parasiete soos luise en wurms in vee beheer, in die 1980’s vir die eerste keer gepatenteer het.

Die maatskappy beywer hom al vir langer as ’n eeu om medisyne en entstowwe vir die wêreld se mees uitdagende siektes te ontwikkel.

MSD Animal Health verteenwoordig MSD in Suid-Afrika en is ook die plaaslike verskaffer van ivermektien.

Ná ’n gedetailleerde hersiening van relevante literatuur en ons eie interne pre-kliniese, kliniese en post-bemarkingstudies van ivermektien, is daar vasgestel die konsentrasie van ivermektien wat nodig is om potensieel ’n antivirale effek op Ears-CoV-2 te hê, sal die dosis wat tans as veilig en bestand beskou word, aansienlik oorskry.

Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (Sahpra) verbied die middel vir menslike gebruik. Daar is lande wat dit wel vir sekere toestande goedgekeur het, mits dit deur ’n mediese dokter voorgeskryf word.

MSD het ivermektien aanvanklik vir dieregebruik bemark, lui ’n artikel deur die Wêreldgesondheidsorganisasie.

In die 1980’s het hy egter die potensiaal daarin gesien om rivierblindheid, wat deur ’n parasiet veroorsaak word, by mense in Wes-Afrika te behandel.

Netwerk24 wou by MSD, met sy agtergrond in ivermektien, weet of hy besig is met navorsing of aansoeke vir kliniese studies met die doel om die middel vir die behandeling van Covid-19 te laat registreer.

Die maatskappy het per e-pos laat weet hy het wél in sy reaksie op die pandemie ’n wetenskaplike taakspan saamgestel om die “terapeutiese potensiaal” van ivermektien vir die moontlike behandeling van Covid-19 te evalueer.

“Ná ’n gedetailleerde hersiening van relevante literatuur en ons eie interne pre-kliniese, kliniese en post-bemarkingstudies van ivermektien, is daar vasgestel die konsentrasie van ivermektien wat nodig is om potensieel ’n antivirale effek op Ears-CoV-2 (die virus wat Covid-19 veroorsaak) te hê, sal die dosis wat tans as veilig en bestand beskou word, aansienlik oorskry,” het Neren Rau, MSD-woordvoerder, gesê.

Die taakspan het volgens Rau tot die gevolgtrekking gekom dat ivermektien “ ’n lae waarskynlikheid” het om as ’n veilige en doeltreffende moontlike behandeling vir Covid-19 te dien.

“Ons interne kliniese navorsingspogings moet die ontwikkeling van alternatiewe antivirale kandidate prioritiseer wat ’n hoër waarskynlikheid het tot sukses.”

Tog hou hulle ander wetenskaplikes se ivermektienstudies met ’n valkoog dop vir “duidelike bewyse van die veiligheid en doeltreffendheid” om Covid-19 te behandel.

“Indien dit gebeur dat die studies ’n kliniese voordeel toon, staan ons gereed om ons kundigheid oor ivermektien te verskaf, soos nodig. Uiteindelik sal aanbevelings vir die gebruik van ivermektien deur nasionale en internasionale wetenskaplike organisasies gedoen moet word.

“In hierdie stadium is dit belangrik om kennis te neem dat die Amerikaanse nasionale gesondheidsinstituut (NIH) se paneel wat riglyne vir Covid-19-behandeling opstel, waarsku teen die gebruik van ivermektien, behalwe as dit deel is van ’n kliniese studie.

“MSD steun die reguleerder (Sahpra) se posisie. Ons ondersteun nie die nie-goedgekeurde gebruik van ivermektien nie.”

Meer oor:  Koronavirus  |  Ivermektien  |  Entstof  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.