Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Verskaffing van blikkies sardyne aan skole gestaak

Die departement van basiese onderwys het die verskaffing van geblikte sardyne by alle skole in die land gestaak en die produk van die nasionale skoolvoedingsprogram se spyskaart verwyder.

Ter illustrasie.Foto:

“Dié besluit volg nadat die nasionale reguleerder vir verpligte standaarde (NRCS) beveel het dat alle handelaars dadelik die 400g-blikkies sardyne in tamatiesous, asook die 400g-blikkies sardyne in rissiesous, van hul rakke verwyder.”

Dié opdrag kom nadat in ’n ondersoek bevind is dat ’n fout ingesluip het met die inmaakproses.

Die departement sê na aanleiding van dié aankondiging is alle provinsies opdrag gegee om met hul onderskeie verskaffers te kommunikeer om dié produkte dadelik van die skoolvoedingsprogram se spyskaart te verwyder.

Die ingemaakte vis is ’n algemene artikel op die skolespyskaart wat verseker dat sowat 9,2 miljoen leerlinge daagliks gevoed word.

Neo Sediti, die departement se direkteur van die skoolvoedingsprogram, het gesê hulle werk saam met die provinsies om te verseker dat die voedsel wat in die administrasie van die NSNP gebruik word, eerstens van goeie gehalte is en tweedens ’n hoë voedingswaarde het.

“Tot op hede het die departement nog geen negatiewe verslae van provinsies ontvang nie. Ons probeer in dié stadium proaktief wees wat die moontlike uitdagings betref en om die geloofwaardigheid en integriteit van die NSNP te beskerm,” het Sediti gesê.

“Die departement van basiese onderwys wil ouers, leerlinge en die publiek gerusstel dat ons alles in ons vermoë doen om te verseker dat geen leerling se gesondheid in die gedrang kom nie,” het Sediti gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.