SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Gesondheid
Verslag kom oor bejaarde se behandeling in hospitaal
Die 76-jarige Martha Marais lê Woensdagaand met haar hande agter haar rug vasgebind onder ’n ry stoele in die Mamelodi-hospitaal. Foto: Twitter

Die Gautengse departement van gesondheid reik Sondag ’n voorlopige verslag uit oor sy ondersoek na die behandeling van ’n 76-jarige vrou in die Mamelodi-hospitaal in Pretoria.

Martha Marais se familie het haar Woensdagaand vasgemaak onder ’n ry stoele op die vloer in die hospitaal aangetref.

Dr. Bandile Masuku, LUR vir gesondheid, sal die bevindings bekendmaak ná oorlegpleging met Marais se familie.

Gauteng LUR
Dr Bandile Masuku, Gautengse LUR vir Gesondheid. Foto: Argief

“Ek is tevrede met die vordering wat gemaak is,” het Masuku gesê. Volgens Masuku sal die kwessie so gou as moontlik afgehandel word in ooreenstemming met die waardes van menswaardigheid en die vereistes van professionalisme in die gesondheidsorg.

Marais se familie het intussen ’n klag van aanranding teen die hospitaal by die polisie ingedien. Sy het sedert Dinsdagoggend in die hospitaal op mediese hulp gewag nadat personeel van die Eersterust-kliniek, oos van Pretoria, haar vroeër daarheen verwys het. Sy is weens naarheid en ’n maagaandoening na die hospitaal geneem.

Die hospitaal het teen Donderdagoggend nog nie aan Marais se familie verduidelik waarom sy só vasgebind was nie.

Virginia Keppler het namens die Marais-familie gesê haar tannie Martha is nie ’n gewelddadige mens nie en sy is te oud en broos om enigiemand skade aan te doen.

Meer oor:  Mamelodi  |  Pretoria  |  Hospitaal  |  Dienslewering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.