Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Verslag vind dat gesigsmaskers nie voldoende beskerming bied

Gesigsmaskers, wat deur baie gesondheidswerkers vir beskerming gedra word, blyk nie veilig te wees nie.

’n Span mediese kundiges van die Universiteit van Kaapstad het 36 maskers, van die 12 verskillende KN95-handelsmerke, getoets en gevind dat geeneen van die maskers aan die veiligheidsvereistes voldoen nie.

Agt van die handelsmerke het identifiseerbare besonderhede van die vervaardiger gehad en slegs een was op die goedgekeurde lys van die nasionale instituut vir beroepsveiligheid en gesondheid.

Die soort masker en besonderhede van die vervaardiger is ook net op twee van die 12 handelsmerke gedruk, soos vereis word.

Die individuele lae van die maskers het gewissel en slegs een van die 36 maskers het behoorlik geseël.

15 maskers het nie die mas opgekom in die gehaltetoetse nie en van die agt, wat vir effektiewe filtrering getoets is, het slegs vier geslaag.

In ’n verslag het die span navorsers gesê dat die maskers nie voldoende beskerming bied teen gevaarlike respiratoriese patogene nie, insluitend mycobacterium tuberkulose en SARS CoV-2 wat Covid-19 veroorsaak.

Keertan Dheda, outeur van die verslag, het gesê die bevindings is van toepassing, selfs ná die Covid-19-pandemie omdat die bestaande KN95-voorraad maskers aan gesondheidswerkers gegee word, al voldoen dit nie aan die voorgeskrewe veiligheidsvereistes nie.

Volgens Dheda is die studie die enigste in sy soort wat na al hierdie aspekte, of dit voldoende seël, pas en filtreer, in die reeks verskillende KN95-maskers gekyk het.

Een van die tekortkominge van die studie is dat daar slegs ’n beperkte getal maskers aan die span navorsers vir toetsing gestuur is. Die oorgrote meerderheid van die maskers word egter reeds in hospitale in die Wes-Kaap en in ander provinsies van die land gebruik.


Meer oor:  Koronavirus  |  Maskers  |  Covid-19  |  Gesigmaskers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.