Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Vigs: SA stuur af op groter epidemie

Suid-Afrika kan teen 2030 met ’n onomkeerbare vigs­epidemie sit as iets nie dringend gedoen word om die MIV-infeksiekoers te stuit nie.

Só sê Deborah Birx, hoof van die VSA se noodplan vir die verligting van MIV/vigs.

As die huidige koers van nuwe infeksies voortduur, kan die land teen 2030 meer as 10 miljoen mense hê wat met vigs leef. Géén regering of skenker sal kan bekostig om soveel mense met vigsmedisyne te behandel nie, sê Birx.

7,2 miljoen MIV-geïnfekteerde mense in SA.

Die Amerikaanse regering het R17,23 miljard bewillig vir Suid-Afrika se MIV- en vigsprogramme in ’n dringende poging om die epidemie onder beheer te kry.

Op die oomblik staan Suid-Afrika op sowat 250 000 nuwe MIV-infeksies per jaar. Daar is tans 7,2 miljoen MIV-geïnfekteerde persone.

“Ons gebruik ons geld om te sê ons moet wakker word vir ’n nuwe realiteit om dinge anders in Suid-Afrika te doen sodat ons ’n ander uitslag hier kan kry,” het Birx in ’n onderhoud met Business Day gesê.

Volgens Birx het verskeie lande met ’n groot MIV-epidemie dit al reggekry om dinge om te swaai, wat vrae laat ontstaan oor hoekom Suid-Afrika dit nie ook kan regkry nie.

Birx se organisasie het al sedert 2004 meer as R90 miljard aan Suid-Afrika se vigsprogramme geskenk.

Een van die probleme in ons stryd is dat mans dikwels laat gediagnoseer word. Volgens ’n 2017-opname van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing weet slegs 78,8% van MIV-positiewe mans dat hulle die virus het, terwyl 88,9% van vroue met die virus bewus is van hul MIV-status.

Een rede hiervoor is ’n baie suksesvolle program om swanger vroue vir MIV te toets. As die ma betyds ge­diagnoseer word, kan dokters met medisyne keer dat sy haar baba by geboorte infekteer.

Die departement van gesondheid, wat die wêreld se grootste vigsbehandelingsprogramme bestuur, sê hy hoop om binnekort ’n nuwe tender aan te kondig vir goedkoper vigsmedikasie wat dit vir staatspasiënte sal moontlik maak om slegs een pil, in plaas van drie, te gebruik.

Meer oor:  Aaron Motsoaledi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.