Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Violis speel wyl dokters breingewas verwyder

Om seker te maak haar musikale vermoëns word nie aangetas nie, is ’n vrou gevra om viool te speel tydens ’n breinoperasie om ’n gewas te verwyder.

Dagmar Turner (53), ’n professionele violis, se gewas was gevaarlik naby aan die deel van haar brein wat die delikate bewegings van haar linkerhand beheer; bewegings wat baie belangrik is as ’n mens viool speel.

“Om viool te speel is my passie. Ek speel al sedert ek tien jaar oud is. Die gedagte dat ek daardie vermoë kon verloor, was hartverskeurend,” sê Turner in ’n verklaring wat op 18 Februarie uitgereik is.

Dr. Keyoumars Ashkan, ’n neurochirurg, sê in die verklaring hy het al sowat 400 breingewasse verwyder en dit vereis soms dat iemand wakker moet wees om ’n taaltoets te doen.

Daarom het chirurge van die King’s College-hospitaal in Londen Turner in die middel van die operasie wakker gemaak en haar laat viool speel sodat hulle seker kon wees haar vermoëns ly nie skade nie.

“Dit is die eerste keer dat ek ’n pasiënt vra om ’n instrument te bespeel,” sê Ashkan in die verklaring.

Sowat 90% van die gewas, ook die dele wat moontlik aggressief was, is suksesvol verwyder sonder skade aan Turner se motoriese vaardighede.

Die brein self kan nie pyn voel nie.

Sy is drie dae ná die operasie huis toe.

“Ek hoop om gou terug te wees by die orkes,” het Turner gesê. Sy speel in die Isle of Wight-simfonieorkes. CNN, NPR, USA Today



Meer oor:  Breinoperasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.