Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Virus: Amerika voorspel pandemie

Met minstens 500 nuwe gevalle van die Covid-19-koronavirus wat in China en Suid-Korea bevestig is, het Amerika begin waarsku dat die wêreld op die rand van ’n pandemie is nadat die virus ook vinnig in Italië versprei het.

Afrika het ook nou sy tweede bevestigde geval van Covid-19.

Die WGO het in ’n verklaring aangekondig dat ’n Italiaanse man wat op 17 Februarie in Algerië aangekom het positief vir Covid-19 getoets het. Dit is die tweede geval van die virus wat in Afrika bevestig is, nadat ’n geval vroeër vandeesmaand in Egipte aangemeld is.

Dr. Anne Schuchat, adjunkdirekteur van Amerika se sentrums vir siektebeheer en -voorkoming (CDC), sê terwyl die onmiddellike risiko vir Covid-19 in Amerika laag is, wys die getalle wêreldwyd dat die uitbreking van die virus op ’n pandemie afstuur.

“Dit is nie ’n vraag van of dit gaan gebeur nie. Die vraag is wanneer dit gaan gebeur en hoeveel mense met die virus besmet sal word,” sê Schuchat.

Dié stelling kom nadat die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) Dinsdag gesê het die Covid-19-epidemie kan nog nie as ’n pandemie bestempel word nie.

Covid-19, wat reeds in Desember 2019 in Sentraal-China ontstaan het, het die naweek in Italië teen ’n vinnige pas versprei. Daar was aanvanklik teen Vrydag net drie gevalle in Italië, maar teen die einde van Dinsdag is daar 280 gevalle in die land aangemeld nadat die virus in die noorde en suide uitgebreek het.

Die virus het ook vinnig in Suid-Korea en Iran versprei.

Meer as 80 000 mense het die virus al wêreldwyd opgedoen, terwyl meer as 2 700 mense reeds aan Covid-19 dood is. Reuters

’n Man met ’n gesigmasker in Beijing. Foto: Reuters


Meer oor:  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.