Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Virus bereik steeds nie SA

107 mense in Suid-Afrika is al getoets vir die nuwe koronavirus, Covid-19, maar al die toetse was tot dusver nog negatief.

So het die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) Vrydag in ’n verklaring gesê.

“Nios hou verwikkelinge rakende die virus in verskeie stede in China en ander lande in Suid-Asië, Noord-Amerika, Europa en Egipte in Afrika dop.

“Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het gister ’n geval van die virus in Iran bevestig.”

Die amptelike dodetal staan nou op 2 200. Ses dokters is nou weens die virus dood en 3 000 het al siek geword. Daar is gehoop dat die verspreiding van die koronavirus gaan verlangsaam, maar Vrydag het die getal gevalle in China, Japan en Suid-Korea skerp gestyg, berig CNN.

In die Hubei-provinsie is 411 nuwe gevalle aangemeld, wat die getal mense wat reeds in Hubei positief vir die virus getoets het op 62 442 te staan bring.

Nadat syfers aangepas is om die aantal siek gevangenes by te reken, het die getal nuwe gevalle tot 631 gestyg.

In Suid-Korea het die getal nuwe gevalle die afgelope week van 28 na 204 gestyg. Japan het nege nuwe gevalle aangemeld, wat die getal in dié land op 726 te staan bring.

’n Ipsos-peiling toon dat die meeste mense in agt groot lande meen die koronavirus is ’n groot of baie groot bedreiging vir die wêreld.

Volgens die peiling is meer as een uit elke twee mense in Japan (66%), Australië (61%) en Amerika (55%) bekommerd oor die bedreiging van die uitbreking.

Effens minder mense in Kanada (42%), Rusland (42%), Brittanje (43%) en Duitsland (47%) dink die virus is ’n erge of baie erge bedreiging.

Boonop sê meer as vier uit elke vyf mense (86%) in hierdie agt lande hulle het baie oor die uitbreking gesien, gehoor of gelees.

– Saamgestel deur Ané van Zyl en Alet van der Walt



Meer oor:  Coronavirus  |  Koronavirus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.