Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Virus-gevalle in Noordwes styg drasties in 1 dag

Die getal Covid-19-gevalle in Noordwes het in net een dag met 84 gestyg.

Ngwako Motsieng, ’n woordvoerder van Noordwes se gesondheidsdepartement, het Dinsdagmiddag gesê die aantal bevestigde gevalle het vanaf Maandagaand, toe daar nog 187 gevalle was, binne ’n dag tot 271 gestyg.

“Ons is nog besig om te ontleed waar presies die nuwe gevalle is, maar die meeste daarvan is vermoedelik by myne.”

noordwes, covid-19
Die jongste Covid-19 syfers in Noordwes.

Dié styging is ongekend inaggenome dat die aantal positiewe gevalle in die provinsie vanaf verlede Dinsdag tot Maandagaand met 72 gestyg het.

Die meeste nuwe gevalle tot Maandagaand is in die Bojanala-distrik in die Rustenburg-omgewing en die Kenneth Kaunda-distrik in Potchefstoom en Klerksdorp aangeteken.

Volgens Tebogo Lekgethwane, nog ’n woordvoerder van die provinsiale gesondheidsdepartement, is mynhuise in die Klerksdorp- en Rustenburg-omgewing nou brandpunte vir die virus omdat baie gevalle daar voorkom.

Volgens die jongste beskikbare syfers per distrik wat Maandagaand bekend gemaak is, bly Bojanala die episentrum vir Covid-19 in Noordwes met 88 gevalle. Verreweg die meeste gevalle was in Rustenburg, waar 69 mense positief getoets is.

In die Brits-omgewing was daar 15 positiewe gevalle, terwyl die ander vier gevalle in Moretele en Moses Kotane was.

Die Kenneth Kaunda-distrik was teen Maandagaand kort op Bojanala se hakke met 76 gevalle. Die meeste gevalle was in die Klerksdorp-omgewing (58).

In Potchefstroom en Ventersdorp was daar 18 positiewe gevalle.

Ander distrikte in die provinsie het heelwat minder gevalle. In die Ngaka Modiri Molema-distrik wat onder meer Mahikeng en die Sannieshof-omgewing insluit, was daar teen Maandagaand 17 gevalle, waarvan die meeste in Mahikeng (11).

In die Dr. Ruth Segomotsi Mompati-distrik wat onder meer Vryburg en Bloemhof insluit, was daar vyf gevalle.

Een mens, ’n 52-jarige man van Rustenburg, is al in Noordwes aan die virus dood, en 59 het herstel.

Sowat 2,8 miljoen mense in die provinsie is al deur siftingsprosesse vir simptome van die virus.

Meer oor:  Koronavirus  |  Pandemie  |  Noordwes  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.