Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Virus kan dalk seksueel oorgedra word

Chinese navorsers wat die spermselle getoets het van mans wat met Covid-19 besmet is, het bevind dat die virus in die semen van ’n klein groepie mans teenwoordig was. Die wetenskaplikes sê daar is ’n geringe kans dat die virussiekte ook seksueel oorgedra kan word.

Volgens ’n studie wat deur dokters by die Shangqiu-hospitaal gedoen is, het ses van die 38 mans wat met die virussiekte opgeneem is, positief getoets vir Ears-CoV-2 in hul semen.

Die navorsers het gesê hoewel die bevindings net voorlopig is en slegs op ’n klein aantal besmette mans gegrond is, is meer navorsing nodig om te sien of seksuele oordrag ’n rol kan speel in die verspreiding van die koronavirus.

“Verdere studies is nodig met betrekking tot die gedetailleerde inligting oor virus-verspreiding, oorlewingstyd en die konsentrasie in semen,” het die span navorsers in ’n studie wat in JAMA Network Open gepubliseer is, geskryf.

“As daar bewys kan word dat die virus seksueel oorgedra kan word, kan dit ’n kritieke deel van die voorkoming vorm, veral met inagneming van die feit dat Ears-CoV-2 opgespoor is in die semen van pasiënte wat besig was om te herstel,” het hulle gesê.

koronavirus, toetsing, laboratorium
'n Laboratoriumwerker plak 'n plakker op 'n proefbuis. Foto: AP

Onafhanklike kundiges het gesê die bevindinge is interessant, maar moet met omsigtigheid beskou word en in die konteks van ander klein studies wat nie die nuwe koronavirus in sperm gevind het nie.

In ’n vorige klein studie waaraan 12 Covid-19-pasiënte in China in Februarie en Maart deelgeneem het, is bevind dat almal negatief getoets het vir die koronavirus in hul semenmonsters.

Allan Pacey, ’n professor in andrologie aan die Sheffield-Universiteit in Brittanje, het gesê die studies moet nie as voldoende beskou word nie, aangesien daar tegniese probleme bestaan met die toets van die virus in semen. Hy het gesê dat die teenwoordigheid van die virus in sperm nie wys of dit aktief is en infeksie kan veroorsaak nie.

“Ons moet egter nie verbaas wees as die virus wat Covid-19 veroorsaak in die semen van sommige mans voorkom nie, aangesien dit by baie ander virusse soos Ebola en Zika die geval was,” het hy gesê.

Sheena Lewis, ’n professor in reproduktiewe medisyne aan die Queen’s Universiteit Belfast, het benadruk dat dit ’n “baie klein studie” was en het gesê dat die bevindings strook met ander klein studies wat min of geen virus in die semenmonsters getoon het nie.

“Die langtermyneffekte van Ears-CoV-2 op manlike voortplanting is egter nog nie bekend nie,” het sy gesê. – Reuters

Meer oor:  Coronavirus  |  Koronavirus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.