Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
‘Virus kom van diere’

’n Groep van 27 epidemioloë van agt lande het ’n ope brief onderteken waarin hulle hul onvoorwaardelike steun gee aan hul kollegas in China wat “alles in die stryd werp” in die geveg teen die Covid-19-uitbreking.

Die epidemioloë skryf in die brief, wat in die gesaghebbende mediese joernaal The Lancet gepubliseer is, hulle verwerp alle samesweringsteorieë wat die burgerlike samelewing probeer mislei deur voor te gee Covid-19 is nie van dierlike oorsprong nie.

Van dié teorieë sluit in dat Covid-19 uit ’n laboratorium in Wuhan “ontsnap” het of “opsetlik” vrygelaat is as biologiese wapen.

Die epidemioloë sê hul doel met die ope brief is dat hul boodskap soveel moontlik mense in die wêreld kan bereik.

“Ons plaas dié brief op ’n kritieke tyd waarop Covid-19 uitgebreek het sodat alle ongegronde gerugte in die kiem gesmoor kan word. Ons hoop ook dié boodskap bereik ons hardwerkende kollegas in China en dat dit hulle sal bemoedig.”

Ons plaas dié brief op ’n kritieke tyd waarop Covid-19 uitgebreek het sodat alle ongegronde gerugte in die kiem gesmoor kan word. Ons hoop ook dié boodskap bereik ons hardwerkende kollegas in China en dat dit hulle sal bemoedig.

Die wetenskaplikes skryf voorts hulle hoop die boodskap bereik ook leiers in regeringsagentskappe wêreldwyd voordat hulle ag slaan op verkeerde inligting en samesweringsteorieë.

Mense word aangemoedig om terselfdertyd ’n versoekskrif ter ondersteuning van die epidemioloë se ope brief te onderteken. Teen druktyd het meer as 8 200 mense dit onderteken.

In die versoekskrif word gemeld dat van die epidemioloë wat “baie hard” daaraan werk om ’n teenmiddel vir Covid-19 te kry reeds dreigboodskappe teen hulle en hul gesinne ontvang het. Die samesweringsteorieë wat die wêreld ingestuur word, ondermyn die werk wat wetenskaplikes tot dusver gedoen het in hul stryd om ’n teenmiddel vir Covid-19 te kry.

Die brief lui voorts: “Ons, as wetenskaplikes, wat die ontstaan en ontwikkeling van Covid-19 nougeset volg, is diep bekommerd oor die impak daarvan op wêreldwye gesondheid.

“Die pogings om die patogeen vinnig te identifiseer en besondere maatreëls in plek te kry om die verspreiding te probeer beperk, kan net as merkwaardig beskryf word.

“Ons onderteken dié brief om eensgesindheid te betoon met professionele gesondheidswerkers in China wat daagliks lewens red. Ons staan almal saam teen dié nuwe bedreiging.

“Die vinnige en deursigtige deel van inligting word nou bedreig deur vals gerugte.”

Die wetenskaplikes heg navorsingsverslae oor die oorsprong van Covid-19 aan die brief as bewys daarvan dat die oorsprong van wilde diere is.

“Samesweringsteorieë veroorsaak net angs en dit ry ons internasionale pogings in die stryd teen dié virus in die wiele.”

Meer oor:  Korona-Virus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.