Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Virus: Risiko nou ‘baie hoog’, maan WGO

Die vinnige pas waarmee Covid-19 versprei, het vrese vir ’n volskaalse pandemie verhoog, met agt lande wat Vrydag vir die eerste keer gevalle aangemeld het.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het ook sy globale verspreiding en impak-risikowaarskuwing van die virus na “baie hoog” verander.

Nog vier mense het Vrydag in Italië gesterf, wat die dodetal in dié land tot 21 laat styg het terwyl die getal mense wat positief vir die virus getoets is van 650 tot 889 gevalle verhoog het.

In ander Europese lande het die getal mense wat besmet is ook verhoog.

Volgens ’n Reuters-telling het Duitsland 60 gevalle, Frankryk 57 en Spanje 32.

Twee voetgangers in Beijing, China, dra gesigmaskers om hulle teen die koronavirus te beskerm. Foto: Getty Images

Intussen het ’n man aan boord die Diamond Princess-passasierskip in Japan die eerste Britse burger geword wat van die virus gesterf het.

Iran het aangekondig dat hy alle skole in die land vir drie dae sluit nadat die dodetal in dié land tot 34 mense gestyg het, met 388 nuwe gevalle.

Suid-Korea het Saterdag bekend gemaak dat sy totale aantal infeksies van 594 tot 2 931 gestyg het.

Suid-Korea se dodetal staan tans op 17 mense, vier meer as die vorige dag. Die Suid-Koreaanse regering het gevolglik sy landsburgers Saterdag aangeraai om eerder binnenshuis te bly omdat die stryd teen die virus “ ’n kritieke stadium” bereik het.

Nuwe infeksies met onbekende oorsprong

Twee nuwe gevalle van infeksies van onbekende oorsprong is in die Amerikaanse deelstate Kalifornië en Oregon aangeteken.

Die regering het Amerikaners gemaan om enige besoeke aan Italië te heroorweeg weens die uitbreek van die virus in dié land.

Die WGO het gesê die virus neem toe nadat Nigerië die eerste land in Afrika suid van die Sahara geword het waar ’n geval van Covid-19 aangemeld is. – Reuters


Meer oor:  Coronavirus  |  Koronavirus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.