Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Virus tref kinders minder; simptome matiger – Nios

Koronavirus-infeksies is ongewoon onder kinders tussen vyf en 18 jaar oud en behels minder as 7% van die gevalle in Suid-Afrika, ondanks die feit dat dié ouderdomsgroep ’n derde van die land se bevolking uitmaak.

Wanneer kinders Covid-19 ontwikkel, is dit ook gewoonlik matiger as by volwassenes, luidens ’n verslag van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios).

Die verslag gaan oor syfers wat tot 7 Junie beskikbaar was.

“Dit is bemoedigend in die lig van die heropening van skole en in pas met data van ander lande,” sê Nios.

Teen 7 Junie was daar 52 991 laboratoriumbevestigde gevalle van die koronavirus landwyd. Daarvan was 3 025 (6%) mense jonger as 18 jaar oud. 51% was meisies en die meeste was tussen 15 en 18 jaar oud.

Luidens die verslag was die meeste gevalle in dié ouderdomsgroep in die Wes-Kaap op 1 821 (60% van die totaal), gevolg deur die Oos-Kaap (447 of 14,8%) en Gauteng (375 of 12,4%).

Vir die hele groep tussen vyf en 18 jaar het die positiewe gevalle neergekom op 14,7 per 100 000. Die grootste voorkoms was onder kinders tussen 15 en 18 jaar oud op 23,6 per 100 000 en die laagste voorkoms was onder kinders tussen vyf en nege jaar op 10,8 per 100 000.

Van die 230 kinders wat met Covid-19 in die hospitaal opgeneem is, was 16 in waakeenhede (6,7%) en ses was in een of ander stadium op ’n ventilator (2,6%).

Van hulle is 167 (72,6%) ontslaan en 56 (24,4%) was teen 7 Junie steeds in die hospitaal. Drie is dood, luidens die verslag.

Die mediaan van die duur van hul opname in die hospitaal was drie dae. Dit was ook drie dae vir die kinders wat dood is.

Die kinders wat dood is, was onderskeidelik een jaar, 15 jaar en 16 jaar oud en het almal ernstige onderliggende toestande gehad, naamlik hartsiekte, diabetes, hipertensie en leukemie.

• Lees die verslag hier.


Meer oor:  Koronavirus  |  Nios  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.