Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Virus: VSA berei hom voor vir ’n pandemie

Amerika staal hom sedert Vrydag vir ’n grootskaalse pandemie, wat insluit dat ondernemings, kerke en skole gesluit sal word.

Gesondheidsbeamptes vrees die ergste nadat vroeër net alleenstaande gevalle aangemeld is waar individue deur die nuwe koronavirus, Covid-19, besmet was. Voorkomingsmaatreëls word in plek gestel om die verspreiding van Covid-19 op groot skaal deur gemeenskappe te verhoed, volgens dr. Nancy Messonnier, hoof van die sentrum vir siektebeheer en -voorkoming (CDC).

In die weke wat kom, gaan owerhede hulle daarop toespits om skole en ondernemings op groot skaal te sluit sou die virus versprei – ’n stap soortgelyk aan dié wat reeds in Asiese lande van krag is, sê Messonnier.

’n Man doen inkopies in Hongkong met ’n gesigmasker. Die strate is aansienlik stiller as gewoonlik. Foto: Reuters

“Ons sien nog nie die grootskaalse verspreiding van die virus nie, maar dit is hoogs moontlik – eintlik waarskynlik – dat dit sal gebeur.

Dr. Nancy Messonnier van die Amerikaanse sentrum vir siektebeheer en -voorkoming, kondig die noodmaatreëls aan. Foto: Reuters

“Ons doel is steeds om die verspreiding te demper, wat ons meer tyd sal gee om gemeenskappe voor te berei wanneer die virus op groot skaal versprei.”

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het gewaarsku die gleuftydperk vir die keer van die virus voordat dit pandemies raak, is aan die verklein. Meer as 2 200 mense is al dood en die virus is na 26 lande versprei, met Suid-Korea as die jongste uitbrekingspunt, asook in Iran, Libanon en Italië.

“As ons dit reg doen, kan ons ’n ernstige krisis vermy, maar as ons talm, gaan ons ’n groot probleem hê,” het Tedros Adhanom Ghebreyesus, die WGO se uitvoerende hoof, Vrydagaand vanuit Genève, Switserland, gesê.

Die VSA het nou 13 bevestigde gevalle van die Covid-19-virus van mense binne sy landsgrense en ’n verdere 21 Amerikaners wat ontruim is en uit Wuhan, China, asook van die passasierskip die Diamond Princess aan die kus van Japan gerepatrieer is, volgens die CDC.

Altesaam 18 van die 329 Amerikaners wat van dié skip opgepik is, het al positief vir Covid-19 getoets.

Hulle word in verskeie mediese sentra, sommige waarvan militêre basisse is, behandel. – Reuters

In Kuala Lumpur, Maleisië, dra die monnike ook maskers tydens ’n biddiens. Foto: Reuters

Meer oor:  Coronavirus  |  Koronavirus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.