Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Virusgevalle by Paarl-spogskool ná braai

Minstens ses matriekleerlinge van die Hoër Jongenskool Paarl is positief vir die koronavirus getoets.

Van dié ses was glo by ’n braai waar hulle sakdoeke, klere, drank en kos gedeel het, het die skool gesê.

’n Klomp seuns, wat die braai oor die langnaweek van 16 Junie bygewoon het, het hieroor gebieg toe dit bekend word dat iemand by die braai positief getoets is.

’n Persoon in beskermende drag ontsmet die skool.

Leerlinge het die skool laat weet dat hulle positief getoets is en het nie skool toe gekom nie. In nog ’n geval was ’n leerling se koors bo 37,5 °C toe dit by die skool gemeet is. Hy is later positief getoets.

Die skool het die nuus Dinsdag in ’n video op Facebook bekend gemaak en gesê al die seuns is by die huis vir 14 dae om te selfisoleer. Almal wat in kontak was met dié wat met die virus besmet is, is ook vir 14 dae huis toe gestuur.

Die skool is egter nie gesluit nie. “ ’n Bevestigde geval beteken nie noodwendig dat ’n skool gesluit moet word nie,” sê die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD).

“Die omstandighede rondom elke positiewe geval sal bepaal of die skool moet sluit. Ons het skoolhoofde gevra om seker te maak dat hulle duidelik met hul personeel en ouers van die leerlinge in hierdie verband kommunikeer.”

Die skool het op Facebook gesê die gebou is Maandag deeglik deur spanne van die WKOD ontsmet.

Willem Erwee, die skool se bemarkingshoof, sê in die Facebook-kennisgewing dat die handhawing van ’n gesonde afstand en basiese higiëne by die skool, koshuis en personeelfunksies baie belangrik is. “Pas asseblief hierdie reëls ook by private braaibyeenkomste en by die huis toe.”

Volgens die kennisgewing sal leerlinge in gr. 8, 9 en 10 op 9 Julie terugkeer skool toe en ook beskermende toerusting soos skerms en maskers ontvang. Gr. 11-leerlinge en matrieks is reeds terug by die skool.

Meer oor:  Hoër Jongenskool Paarl  |  Virusgevalle  |  Braai  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.