Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Virusgevalle in Tuinroete styg in 7 dae met 52%

Die getal nuwe koronavirusgevalle in die Tuinroete het die afgelope sewe dae met 52% toegeneem, in vergelyking met sewe tot 14 dae gelede.

“Daar was 45 nuwe gevalle in die afgelope sewe dae,” sê Nadia Ferreira, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van gesondheid in die Eden-distrik.

“Daar was ’n toename in alle sub-distrikte behalwe Bitou, Hessequa en Kannaland.”

Volgens haar word daar meer op die sub-distrikte Oudtshoorn, George en Mosselbaai gefokus.

“Die positiewe gevalle kom steeds uit wydverspreide gebiede in die sub-distrikte met geen duidelike groepe nie. Die situasie word voortdurend gemonitor en daar is konstante kommunikasie tussen die verskillende belanghebbendes,” sê sy.

Inwoners is ook bekommerd oor die komende skoolvakansie en die baie besoekers wat na verwagting na die Tuinroete sal stroom. Skole sluit op 23 April en open weer op 3 Mei.

Volgens inligting van die Wes-Kaapse departement van gesondheid was daar Woensdag 104 aktiewe koronavirusgevalle in George, 54 in Oudtshoorn, 25 in Mosselbaai, 18 in Knysna, 16 in Bitou, agt in Hessequa en een in Kannaland. Daar was reeds meer as 1 300 sterftes aan Covid-19, waarvan die meeste in George was (448), gevolg deur Oudtshoorn (286) en Mosselbaai (205).

Maret Lesch, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van gesondheid in Kaapstad, sê daar is vandeesweek geen beduidende stygings in koronavirusgevalle in die Kaapstad-metro aangemeld nie.

Teen Dinsdag om 13:00 was daar 2 074 aktiewe koronavirusgevalle in die Wes-Kaap (281 631 bevestigde gevalle waarvan 268 041 mense herstel het).

Mense se optrede speel ’n sleutelrol om die verspreiding van die virus te beheer, sê sy.

“Ons doen ’n beroep op mense om hul maskers op die regte manier te dra, oor hul mond en neus, wanneer hulle die huis verlaat, ’n gesonde afstand van 1,5 m te handhaaf, om vensters oop te maak op openbare vervoer, om groot byeenkomste en beknopte spasies te vermy, en byeenkomste klein en buitenshuis te hou.”

Meer oor:  Tuinroete  |  Pandemie  |  Covid-19  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.