Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Visekanselier se broer, skoonsuster aan Covid-19 dood

Die visekanselier van die Fort Hare-Universiteit se broer en skoonsuster is vier dae uitmekaar aan Covid-19 dood.

“Die koronavirus is ’n genadelose moordenaar,” het prof. Sakhela Buhlungu gesê ná die dood van Temba Tennyson Buhlungu (68) en sy vrou, Nobantu Ethelina (64), in ’n hospitaal in Tsolo in die Oos-Kaap.

Hul seun Siyabonga het Maandag gesê sy ma is op 20 Junie aan die virussiekte dood waarna die siekte sy pa se lewe op 24 Junie geëis het.

Sakhela Buhlungu
Prof. Sakhela Buhlungu, visekanselier van die Fort Hare-Universiteit in Alice in die Oos-Kaap. Foto: Twitter, Fort Hare-Universiteit

Temba was ’n ambagsman by die departement van openbare werke en Nobantu ’n tuisteskepper.

Die egpaar is Saterdag in Tyeni, Tsolo, begrawe.

“Ons is gebroke oor die heengaan van ons broer en skoonsuster dae uitmekaar aan Covid-19. Maar ons kry krag uit die duisende boodskappe van vertroosting en die ondersteuning van vriende, kollegas, gemeenskapsleiers en mense oor die wêreld heen,” het Buhlungu gesê.

Om hulle weens Covid-19 te verloor is die moeilikste ding ooit, maar ons het dit aanvaar en is dankbaar dat hulle ons hierop voorberei het.

Siyabonga het bygevoeg dat die egpaar se kinders, kleinkinders en agterkleinkinders hul liefde en leiding sal onthou. Hy het sy ouers as ’n seëning beskryf en gesê hulle het hom dissipline en respek geleer en om onafhanklik te wees.

“Om hulle weens Covid-19 te verloor is die moeilikste ding ooit, maar ons het dit aanvaar en is dankbaar dat hulle ons hierop voorberei het. Mag hul siele in vrede rus,” het hy gesê.

In die Oos-Kaap is 26 195 gevalle van die virus aangemeld, 397 mense is aan die virussiekte dood en 12 824 mense het reeds herstel.

Nasionaal is 144 264 infeksies aangemeld en 2 529 sterftes, terwyl 70 614 mense herstel het.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.