Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Vlaag in Gauteng: 64% van nuwe gevalle hier aangemeld

Op dieselfde dag as pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging van ’n strenger inperkingsvlak in die land teen die koronaviruspandemie is nog 208 mense in Suid-Afrika aan die Covid-19 dood.

Van die 8 436 nuwe gevalle wat aangemeld is, is meer as 5 000 in Gauteng.

Ramaphosa het Dinsdagaand gesê beslissende en vinnige optrede is nodig om lewens in die pandemie te red. Die land is nou weer op vlak 3 van die nasionale inperking. Dit behels strenger beperkings wat byeenkomste en drankverkope betref en ’n vroeër aandklokreël is ingestel, het Netwerk24 berig.

Lees ook: Terug na vlak 3: 10 dinge wat jy moet weet

Luidens die jongste statistieke van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is 64% van die nuwe gevalle in Gauteng (5 433) aangemeld, gevolg deur 7% in die Wes-Kaap (609) en 6% in Noordwes (523).

Volgens Nios is die positiwiteitskoers in die land tans volgens die jongste gevalle 17,8%.

Teen Dinsdag was daar 86 574 aktiewe gevalle landwyd, luidens die nasionale gesondheidsdepartement.

Covid-19 het reeds 58 087 lewens in Suid-Afrika geëis, terwyl meer as 1,6 miljoen mense van die virus herstel het.

Dinsdag is 1 415 nuwe Covid-19-pasiënte oor die voorafgaande 24 uur landwyd in hospitale opgeneem. In totaal word 8 359 mense tans in hospitale oor Suid-Afrika heen vir die virussiekte behandel.

Intussen is net meer as 1,8 miljoen mense in Suid-Afrika teen Covid-19 ingeënt. Dit sluit in gesondheidswerkers in die Sisonke-inentingsprogram en mense wat die eerste dosis van die Pfizer-entstof ontvang het.

In die afgelope 24 uur is 85 581 mense in Suid-Afrika ingeënt, van wie die meeste (18 238) in Gauteng is.

So vorder inentings oor die land:

• Oos-Kaap: 184 597

• Vrystaat: 99 726

• Gauteng: 471 946

• KwaZulu-Natal: 443 262

• Limpopo: 195 724

• Mpumalanga: 72 118

• Noordwes: 92 845

• Noord-Kaap: 22 586

• Wes-Kaap: 289 183

Meer oor:  3De Vlaag  |  Koronavirus  |  Strenger Inperkings  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.