Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Vlugtelinge het glo waterpokkies, weier hulp

Amptenare van sowel die departement van gesondheid as die gesondheidsafdeling van die Kaapstadse metroraad het Donderdagoggend probeer om vlugtelinge in die Kaap wat glo waterpokkies het, te help, maar hulle is toegang tot hul skuilplek geweier.

J.P. Balous, ’n Kongolees en een van die leiers van die vlugtelingegroep wat in hegtenis geneem is. Foto: Adrian de Kock

Die vlugtelinge skuil in die Metodistekerk in die middestad, terwyl planne beraam word vir huisvesting vir hulle.

“Die metroraad se departement van gesondheid het gehoor daar is twee kinders met waterpokkies in die kerk,” sê Zahid Badroodien, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid.

“Ons pogings om te probeer vasstel of waterpokkies onder die vlugtelinge uitgebreek het, was tot dusver onsuksesvol aangesien ons amptenare toegang tot die kerk geweier is,” sê hy.

Volgens Badroodien wou die vlugtelinge nie die amptenare inlaat nie omdat een van hul leiers nie beskikbaar was nie.

“Dit is belangrik om daarop te let dat waterpokkies nie ’n ernstige mediese toestand is nie en die moontlike komplikasies daarvan ook nie ernstig is nie,” sê hy. “Daar word ook geen spesifieke behandeling vir die toestand aanbeveel nie.”

Ook die provinsiale departement van gesondheid bevestig dat hy die kerk besoek het, maar ook nie toegang tot die kerkterrein kon verkry nie.

“Alle mense of kinders wat mediese hulp benodig, moet na hul naaste gesondheidsgeriewe gaan,” lui ’n verklaring.

“Mediese noodgevalle moet aangemeld word en ons mediese nooddienste sal daarop reageer. Enigeen wat vermoed hy of sy is siek en benodig behandeling, word versoek om ons mediese geriewe te gebruik.”

Vroeër is berig een van die leiers van die vlugtelinge is in hegtenis geneem en van aanranding aangekla. J.P. Balous (38), ’n Kongolees, staan tereg op agt aanklagte van aanranding, waarvan vyf aanranding is met die doel om ernstig te beseer.

Hy sal na verwagting Vrydag in die landdroshof in Kaapstad verskyn. Sowat 50 lede van die Kaapstadse vlugtelingegroep het Woensdagoggend by die Kaapstadse polisiekantoor aangekom en geëis dat Balous vrygelaat word. Die polisie het hulle gevra om te loop en hulle het dit gedoen.

Meer oor:  Kaapstad  |  Vlugtelinge
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.