Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Voortrekkermonument: Chinese stop toere oor virus

Chinese toermaatskappye het vandeesmaand alle toere na die Voortrekkermonument in Pretoria gekanselleer weens Covid-19 wat in China uitgebreek het.

Die Voortrekkermonument in Pretoria. Foto: Argief

So sê Geraldine Paulsen, woordvoerder van die monument.

Altesame 18,37% van buitelandse toeriste wat die monument jaarliks besoek, is Chinese.

Dinsdag het Lin Jing, die Chinese konsul-generaal in Kaapstad, aan die parlementêre portefeuljekomitees oor gesondheid en toerisme gesê die virus, wat wêreldwyd reeds die lewe van meer as 2 750 mense geëis het, het ’n baie negatiewe invloed op die getal Chinese wat Suid-Afrika besoek.

Streng reëls is in China ingestel in ’n poging om te keer dat die virus verder versprei.

Meer as 81 000 mense is al in 25 lande gediagnoseer met die siekte wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie tot ’n internasionale ramp verklaar is.

In Suid-Afrika is niemand al positief getoets nie.

Lin het aan die portefeuljekomitees gesê sowat 100 000 Chinese, wat hoofsaaklik in groepe reis, besoek Suid-Afrika jaarliks.

Fin24 berig Lin het aan die komitees gesê China loof Suid-Afrika vir sy besluit om nie Suid-Afrikaners wat in die stad Wuhan woon, waar die virus uitgebreek het, te gaan haal nie, maar eerder in China te laat bly totdat die virus hom uitgewoed het.

Daar is volgens Lin sowat 500 Suid-Afrikaners in dié stad.

Van hulle wil huis toe kom, maar die Suid-Afrikaanse regering gee gehoor aan die Chinese se versoek dat hulle eerder daar moet bly.

Die kansellasies van die Chinese groepe raak ons negatief.

Die DA het verlede week voorgestel hulle moet na Suid-Afrika teruggebring word en twee weke lank by die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria in kwarantyn gehou word. Verskeie lande het hul burgers wat in Wuhan was, gaan haal.

Paulsen sê tussen 150 000 en 180 000 mense besoek die Voortrekkermonument jaarliks. Hiervan is 48% buitelandse toeriste.

“Die kansellasies van die Chinese groepe raak ons negatief. Gelukkig kom die Duitsers, Nederlanders en Britte nog in groot getalle na die monument.”

Die Voortrekkermonument is baie gewild onder Chinese toeriste. Dit kan toegeskryf word aan ’n bemarkingsveldtog wat die monument vroeër in China gevoer het.

Weens die groot getal Chinese toeriste wat elke jaar na Suid-Afrika kom, het die departement van toerisme begin om plaaslike toergidse op te lei om Mandaryns te praat.

Die komitees het gehoor ’n groep Chinese toeriste wat onlangs van Madagaskar na Suid-Afrika onderweg was, is met hul aankoms deur mediese amptenare gekeer om die land binne te kom omdat van die toeriste koors onder lede gehad het.

Meer oor:  Voortrekkermonument  |  Koronavirus  |  Virus  |  Covid 19-Virus  |  Toeriste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.