Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Voortsetting van tabakverbod 'meerderheid se besluit'

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering, het teruggekap oor wat sy noem die verpersoonliking van kollektiewe besluite is wat deur die nasionale koronavirus-bevelsraad (NKB) geneem word.

Mlungisi Mtshali, Dlamini-Zuma se woordvoerder, het gereageer op die NKB se verlenging Sondag van die verbod op tabak- en sigaretverkope wanneer vlak 3 van die inperking op 1 Junie landwyd in werking tree.

Sonder om in te gaan op wat Dlamini-Zuma se standpunt oor die kwessie is, het Mtshali gesê dat debatte in dié raad oor kwessies gevoer mag word, maar dat die uiteindelike besluite wat geneem word dié is van die meerderheid individue in die raad.

“Daar sal meningsverskille wees oor wat ook al binne die raad bespreek word en watter besluite ook al geneem word, is die siening van die meerderheid,” het Mtshali gesê. 

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondag die land meegedeel dat Suid-Afrika vanaf 1 Junie na vlak 3 van die nasionale inperking gaan beweeg.

Daar sal meningsverskille wees oor wat ook al binne die raad bespreek word en watter besluite ook al geneem word, is die siening van die meerderheid.

Ramaphosa het aangekondig dat tabakverkope verbode bly, maar dat drank vanaf Maandae tot Donderdae gedurende beperkte ure vir tuisverbruik verkoop mag word. Tabak is al sedert 26 Maart, toe die inperking begin het, verbode.

Verlede week is berig dat Dlamini-Zuma, gesteun deur dr. Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake en voorheen minister van gesondheid, die verbod op die verkoop van sigarette gesteun het weens die gesondheidsrisko’s wat daarmee gepaard gaan.

Dit was teen die agtergrond van sakeorganisasies wat met regstappe teen die regering gedreig het nadat die regering nie sy belofte gestand gedoen het dat die verbod op tabakprodukte onder vlak 4 al gelig sou word nie.

Die Daily Maverick het Maandag beweer dat die regering se verbod op sigaretverkope ’n “samesmelting van RET- (Rapid Economic Tranfsformation) magte was, wat die omstrede tabakhandelaar Adriano Mazzotti insluit wat volgens die skrywer Jacques Pauw na bewering vir Dlamini-Zuma ’n verskeidenheid verkiesingsmateriaal gegee het vir haar veldtog om in 2017 president van die ANC te word. Mazzotti het Sondag die beweringe wat hom aan Dlamini-Zuma verbind, “heftig” ontken.

Hy sê die teendeel is waar, en dat hy besigheid verloor weens die verbod op tabakverkope aangesien sy eie maatskappy, Carnilinx, ’n sigaretvervaardiger, sedert die inperking nie in bedryf is nie.

Sommige mense wil nie hê dat ons ’n ontwikkelingstaat moet wees nie, waarvan die toewyding tot die mense is eerder as tot net ’n paar uitgelese mense.

Bathabile Dlamini, voorsitter van die ANC-vroueliga, het Dlamini-Zuma Maandag verdedig en gesê dat die aanvalle teen haar ongevraag is.

“Ons is nie gelukkig daarmee nie. Dit wys ’n gebrek aan toewyding, dit wys daar is ’n gebrek aan begrip oor die skade wat aan rokers en die wat nie rook nie, aangerig kan word.

“Sommige mense wil nie hê dat ons ’n ontwikkelingstaat moet wees nie, waarvan die toewyding tot die mense is eerder as tot net ’n paar uitgelese mense,” het Dlamini gesê.

Dr. Ralph Mathekga, politieke ontleder, sê hoewel dit nie bewys kan word dat Dlamini-Zuma se standpunt oor die sigaretverbod beïnvloed is deur redes anders as gesondheidsoorwegings nie, stu die verbod die verhandeling van tabakprodukte op die swartmark.

“Die beleid versterk onbedoeld die onwettige handel in tabakprodukte. Maar, ons kan nie bewys dat dit doelbewus was nie,” het Mathekga gesê.

Die beleid versterk onbedoeld die onwettige handel in tabakprodukte. Maar, ons kan nie bewys dat dit doelbewus was nie.

Meer oor:  Koronavirus  |  Tabakverbod  |  Sigarette  |  Nkosazana Dlamini-Zuma  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.