Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
‘Vriendelike vrou’ van Bo-Kaap sterf aan Covid-19
’n Lid van die Bo-Kaap-gemeenskapreaksiespan teen Covid-19 met ’n kospakkie wat hy gaan aflewer het.

Die dood van ’n geliefde inwoner van die Bo-Kaap in die Kaapse middestad weens Covid-19 het die gemeenskap daar swaar getref.

Die getal mense in die provinsie wat positief vir die virus toets, is steeds besig om toe te neem ondanks die staat van inperking wat reeds meer as ’n week geld.

Kulsum Cassiem (81) se vier seuns het Saterdag in ’n gesamentlike verklaring aangekondig hul ma is aan die virussiekte dood.

Hulle sê hul ma het “vreedsaam na Allah teruggekeer”.

Cassiem het baie jare lank ’n winkel in Dorpstraat, ’n paar huise van die Auwal-moskee af bedryf.

Inwoners sê hulle sal veral haar vriendelike gesindheid onthou.

Volgens Masturah Adams van die Bo-Kaap-gemeenskapsreaksiespan teen Covid-19 is Cassiem se man reeds jare gelede dood en het sy haar vier seuns basies alleen versorg.

Dit is nog nie bekend hoe Cassiem die virus gekry het nie. Sy is gehospitaliseer nadat sy simptome begin toon het. Sy is toe positief vir Covid-19 getoets.

Nabeel Jackson Rhoda skryf op Facebook: “Sy was altyd gereed om aan enigiets vir liefdadigheid deel te neem. Haar familie en die gemeenskap van die Bo-Kaap sal haar beslis mis.”

Die Bo-Kaap se reaksiespan het Saterdag in oorpakke, kompleet met maskers, handskoene en ander toerusting kospakkies aan die gemeenskap uitgedeel.

Die reaksiespan in hul oorpakke.

Adams sê daar is kospakkies afgelewer by gesinne en individue wat dit die meeste nodig het.

Belangrike afkondigings word ook oor Moskees se luidsprekers gedoen.

Altesame 433 Wes-Kapenaars het teen Saterdagaand Covid-19 gehad en landwyd is 1 585 siek. Van die Wes-Kaapse inwoners is 23 tans in verskillende hospitale opgeneem om vir Covid-19 behandel te word. Nege persone is in intensiewe sorg.

“Ons sien ’n toename in plaaslike oordrag en verwag dat daar ekstra druk op ons gesondheidsfasiliteite en gesondheidswerkers sal wees,” sê Alan Winde, Wes-Kaapse premier.

Meer oor:  Koronavirus  |  Wes-Kaap  |  Covid-19  |  Bo-Kaap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.