Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Vrou in Klerksdorp ‘het beslis nie koronavirus’

Die laaste toetse op ’n vrou van Vryburg in Noordwes het Dinsdag getoon dat sy beslis nie die koronavirussiekte Covid-19 het nie.

Noordwes se gesondheidsdepartement het Dinsdagmiddag vroeg bekend gemaak dat sy binnekort uit die spesialiseenheid vir aansteeklike siektes in die Klerksdorp/Tshepong-hospitaalkompleks ontslaan sal word.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Maandag op ’n mediakonferensie in Pretoria gesê die vrou het hulle “aanvanklik bekommerd” gehad.

Sy is van die Joe Morolong-hospitaal in Vryburg na Klerksdorp verwys nadat sy simptome van die virussiekte getoon het. Hoewel sy bestendig is en nooit ’n hoërisikogeval was nie, is sy veiligheidshalwe getoets.

Mkhize het Maandag reeds gesê die uitslag van die eerste toetse op die vrou was onbeslis. Verdere toetse was egter negatief. Die uitslag van die laaste toetse Dinsdag het dié diagnose bevestig.

“Die toets (vir Covid-19) in Noordwes is gedoen om fopnuus teen te werk,” het Mkhize gesê. “In hierdie geval was iemand in dié provinsie siek. Die persoon was nie landuit nie. Die uitslag van die aanvanklike toetse was onduidelik, dit was tussen positief en negatief. Die toets moes gevolglik weer gedoen word, maar die laaste een was negatief. Ons moes net seker maak dat ons nie iemand oorsien nie. Daardie persoon moet egter voortgaan met behandeling.”

Tebogo Lekgethwane, woordvoerder van Noordwes se gesondheidsdepartement, het gesê al die nodige voorsorgmaatreëls is met die opname van die Vryburgse vrou in die Klerksdorp/Tshepong-hospitaalkompleks getref.

Meer oor:  Zweli Mkhize  |  Vryburg  |  Vrou  |  Negatief  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.