Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Vrou steeds in hospitaal nadat klip haar in Plet-oproer tref

Die vrou wat op 3 Julie ernstige kopbeserings opgedoen het toe ’n klip haar in die oproer in Plettenbergbaai in die Suid-Kaap getref het, is steeds in die Netcare Greenacres-hospitaal in Port Elizabeth.

Haydee de Doncker (56) van Port Elizabeth en haar man, Keith, was op 3 Julie vanaf Gouritsmond, waar hulle ’n verjaardagpartytjie bygewoon het, op pad terug huis toe, toe ’n klip deur hul motor se ruit gegooi is en dit haar teen die kop getref het.

Haydee de Doncker

Dit het die dag omstreeks 14:00 op die N2 by die Piesangvallei-afdraai in Plettenbergbaai gebeur toe die verkeer weens die oproer herlei is.

De Doncker se kakebeen en linkeroogbank is ook gebreek.

Haar dogter, Erin Burns, sê haar ma is steeds in die hospitaal. Sy word deur ’n neurochirurg behandel. “Die beserings is ongelukkig baie ernstig.”

De Doncker is op 11 Julie met ’n ambulans van die Mediclinic George na die Netcare Greenacres-hospitaal in Port Elizabeth vervoer.

Volgens Burns is haar ma steeds deurmekaar.

Burns het vroeër gesê haar pa het die klip – wat aan die bestuurderskant deur die venster gegooi is – met sy arm probeer keer voordat dit haar ma teen die kop getref het. Foto’s wat ’n familielid op Facebook geplaas het, wys die klip wat op die matjie voor die motor se sitplek aan die passasierskant te lande gekom het.

De Doncker-hulle is daarna onder polisiebegeleiding na ’n hospitaal in Plettenbergbaai geneem en sy is van daar na George oorgeplaas.

Die polisie ondersoek ’n saak van poging tot moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die oproer het op 2 Julie in die omgewing van die N2 in Plettenbergbaai uitgebreek. Die N2 is eers op 6 Julie weer vir verkeer oopgestel.

Meer oor:  Plettenbergbaai  |  Betoging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.