Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
'Vrydag moet alle onnies by skole wees' - Lesufi

Skole landwyd het Maandag hul deure vir personeellede oopgemaak.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, sê in dié provinsie is die eerste fase van die terugkeer na skole afgehandel, naamlik om beskermende toerusting aan skoolbestuurders te oorhandig sodat hulle skole kan voorberei om onderwysers terug te verwelkom. 

“Skoolbestuur soos skoolhoofde, adjunkskoolhoofde en onderskeie departementshoofde het Maandag teruggekeer. In die streke sal onderwysers moontlik op verskillende dae terugkeer, maar teen Vrydag moet alle onderwysers terug by hul lessenaar wees,” het Lesufi Maandag op ’n besoek aan die Bryanston High School in Johannesburg gesê.

Skoolbestuur soos skoolhoofde, adjunkskoolhoofde en onderskeie departementshoofde het Maandag teruggekeer. In die streke sal onderwysers moontlik op verskillende dae terugkeer, maar teen Vrydag moet alle onderwysers terug by hul lessenaar wees.

Lesufi sê die departement sal die media op die hoogte hou van hoeveel onderwysers in die provinsie al na skole teruggekeer het. Lesufi het die Bryanston High School besoek om hom te vergewis van die skool se gereedheid om onderwysers en leerlinge terug te ontvang.

Volgens hom is die skool op dreef en gereed. Klaskamers by die skool is só gerangskik dat leerlinge se lessenaars ’n gesonde afstand uit mekaar is.

Beskermende toerusting

Lesufi sê daar was egter ’n paar probleme met die aflewering van beskermende toerusting by skole in Tshwane, waar dit by net 61% van skole afgelewer is.

“Die polisie sal die departement na die gebied vergesel om die beskermende toerusting af te lewer.”

Lesufi sê dit is ’n bron van kommer dat onderwysersvakbonde hul lede aanmoedig om nie vir werk aan te meld as alle veiligheidsmaatreëls nie gereed is nie.

“Die vakbonde sê indien daar nie beskermende toerusting is nie, gaan hul lede nie terugkeer na skole nie. Aan enige instansie wat meen die lewe van hul lede is in gevaar – ons verseker julle dit is nie,” sê Lesufi.

Die vakbonde sê indien daar nie beskermende toerusting is nie, gaan hul lede nie terugkeer na skole nie. Aan enige instansie wat meen die lewe van hul lede is in gevaar – ons verseker julle dit is nie.

Netwerk24 het vroeër berig die onderwysersvakbond Sadou het sy lede in Noordwes, Limpopo, Gauteng en die Noord-Kaap aangeraai om Maandag eerder by die huis te bly. Sadou het gesê vakbonde sal die week van 25 tot 28 Mei gebruik om vas te stel hoe gereed die skole is om te heropen.

Ook die vakbond Naptosa het sy lede landwyd aangemoedig om Maandag tuis te bly.

Opedag vind dalk aanlyn plaas

Lesufi sê ook die opedag op 31 Mei wat die departement aan ouers belowe het sodat hulle self kan kyk hoe kinders by skole teen die koronavirus beskerm sal word, kan moontlik aanlyn gehou word. Dit word oorweeg weens vrese dat skole besmet kan word as groot groepe ouers daar opdaag. 

“Mense dink dis ’n briljante idee vir ouers om die veiligheid by skole self te inspekteer, maar ons het versoeke ontvang dat dit eerder aanlyn gedoen moet word,” sê Lesufi.

Mense dink dis ’n briljante idee vir ouers om die veiligheid by skole self te inspekteer, maar ons het versoeke ontvang dat dit eerder aanlyn gedoen moet word.

Ouers kan die departement se webwerf dophou vir ’n gereedheidsverslag wat Maandag daarop beskikbaar sal wees vir kommentaar van die publiek oor die veiligheidsmaatreëls by skole.

Lesufi sê intussen het die departement baie navrae ontvang oor slegs die een maand – 25 Junie tot 25 Julie – wat beskikbaar gestel is vir aanlyn aansoeke vir gr. 1- en gr. 8-leerlinge vir volgende jaar. Hy sê ouers meen die koronavirussituasie bemoeilik die situasie en dat een maand te kort is.

Meer oor:  Koronavirus  |  Panyaza Lesufi  |  Covid-19  |  Skole
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.