Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Vrystaat vorder met inentings

Die departement van gesondheid in die Vrystaat spits hom nou toe op diegene wat hul tweede dosis Covid-19-entstof moet ontvang.

Mondli Mvambi, woord­voerder van die departement van gesondheid in die Vrystaat, sê hoewel die provinsie nog nie ’n tekort aan entstowwe ervaar nie, is hulle bewus van nasionale tekorte wat moontlik ook dié provinsie kan raak.

Cecile van den Berg
Cecile van den Berg (79) van Bloemfontein kry haar inenting by sr. Monica Mens van die Universitas-hospitaal in die stad. Foto: Mlungisi Louw

“Ons beleid bly steeds dat ons niemand sal wegwys nie, maar ons prioritiseer nou die tweede Pfizer-dosis sodat ons soveel as moontlik mense volledig kan inent.”

Dr. Nicholas Crisp, adjunk-direkteur-generaal van gesondheid, het gister gesê daar is tans ’n landwye tekort aan entstof­ en die besending van Johnson & Johnson sal eers ná die naweek by inentingsentrums beskikbaar wees.

Die regering het dié entstof reeds Maandag verwag.

Daarbenewens was daar glo 500 000 minder dosisse in die besending Pfizer-entstof wat Sondag in die land aangekom het. Die VSA het wel eergister aangekondig hy gaan 5,6 miljoen Pfizer-dosisse aan Suid-Afrika skenk, maar Crisp meen dit sal eers oor vier of vyf dae in die land aankom.

Mvambi sê Vrystaters reageer­ in die algemeen goed op die departement se beroep om ingeënt te word en inentings vind volgens skedule plaas. Die departement se beplanning bly wel konserwa-tief weens die beperkte toegang tot entstowwe.

“Dis in dié stadium ’n geval van vraag en aanbod. Ons kan nie mense aanmoedig om in­geënt te word as ons nie genoeg dosisse beskikbaar het nie.”

Mvambi het kommer uitgespreek oor die Fezile Dabi- en die Xhariep-distrik, wat onderskeidelik aan Gauteng en die Oos-Kaap grens, waar oorgrensaktiwiteite plaasvind.

“Die Vrystaat grens aan ses ander provinsies en Lesotho. Dit maak ons baie kwesbaar. Ons kan dus nie vir een oomblik die situasie in die res van die land ignoreer nie. Ons doen ’n beroep op Vrystaters om hulself te laat inent.”

Inentings

Teen Donderdag is daar 377 062 volledige inentings in die Vrystaat toegedien.

Die distrikte wat tot dusver voor in inentingswedloop is, is Mangaung met 142 901, Lejweleputswa met 82 642 en Thabo Mofutsanyana met 77 400.

Wat die gespesialiseerde sektore betref, is 62.64% van die provinsie se onderwysers ingeënt, slegs 25.50% van sy polisielede en 11.81% van die weermag.

Die totale getal bevestigde Covid-19-gevalle in die Vrystaat staan tans op 127 582, met 109 963 mense wat reeds herstel het. Tot dusver is 5 679 sterftes in die Vrystaat aangemeld.

Meer oor:  Vrystaat  |  Inentings  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.