Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Vrystaatse dorpe kry Kubaans-opgeleide dokters

Die eerste 117 Kubaans-opgeleide mediese studente van die Vrystaat het hul 18 maande lange integrasie-programme in die Vrystaat voltooi.

Die mediese studente is nou in internskappe by al die distrikshospitale uitgeplaas.

So het Sisi Ntombela, premier, Dinsdag in haar provinsiale rede in Bloemfontein gesê.

Sisi Ntombela, Vrystaatse premier, Ace Magashule, haar voorganger en nou sekretaris-generaal van die ANC, en Sam Mashinini, provinsiale voorsitter van die ANC en LUR vir polisie, paaie en vervoer, Dinsdag tydens die provinsiale rede. Foto: Mlungisi Louw

Ntombela het in die dr. Petrus Molemela-stadion in Bloemfontein gesê sodra die studente internskappe voltooi het, sal hulle by die verskillende gesondheidsgeriewe in die provinsie uitgeplaas word.

Sy het ook gesê 44 mediese studente van Kuba het met integrasieprogramme by verskillende mediese skole in die land begin.

“Van die 457 mediese dokters wat ons onderneem het om in die Vrystaat by ons gesondheidsgeriewe in diens te neem, is 414 tot op datum aangestel.

Ace Magashule luister aandagtig na Sisi Ntombela, premier .Foto: Mlungisi Louw
Die polisiediens in die Vrystaat gaan versterk word met 101 nuwe polisiebeamptes wat aangestel is om die stryd teen misdaad hok te slaan, het Ntombela aangekondig. ’n Groot polisie-afvaardiging sit hier en luister na die premier se rede. In die nuwe boekjaar sal nog 365 aangestel word. Foto: Mlungisi Louw
Verskeie nuwe voertuie van die Vrystaatse regering is by die geleentheid van die provinsiale rede in Bloemfontein tentoongestel. Die provinsie se nuwe vloot sluit in 50 ambulanse, tien noodvoertuie en tien mobiele klinieke, asook talle nuwe polisievoertuie.Foto: Mlungisi Louw

“Altesaam 908 verpleegkundiges word nou deur die provinsiale regering in diens geneem,” het Ntombela gesê.

Die Vrystaat het ook 31 noodbeheersentrumoperateurs in Lejweleputswa, 13 in Fezile Dabe en 18 in Thabo Mofutsanyana aangestel. “Hulle sal help om die reaksietyd in noodgevalle te verbeter.”

Sy het gesê in die 2020-’21-boekjaar sal ook 30 konsultante, 30 mediese beamptes, 100 verpleegkundiges en 100 ondersteunende beamptes aangestel word.

Nog 160 personeellede word vir noodsorg in diens geneem.

Om gesondheidsorg in die provinsie te verbeter, is 50 bykomende ambulanse, 40 voertuie vir vervoerwerk en tien ligte reddingsvoertuie aangeskaf.

Onder die EFF-lede by die provinsiale rede was Bosanku Msimanga, provinsiale sekretaris, en Mahlomola Majake, provinsiale adjunkvoorsitter.Foto: Mlungisi Louw
Onder die DA se verteenwoordigers by die provinsiale rede was Khangelwa Kolosa, die DA se provinsiale veldtog-direkteur, en Thabang Mokoena, die DA se provinsiale veldtogbestuurder.Foto: Mlungisi Louw

Gesondheidsgeriewe wat verbeter is, is dié by Fezi Ngubentombi, Parys, en die dr. J.S. Moroka-hospitaal, asook agt klinieke in Mangaung, nog vyf klinieke en ’n verpleegsterstehuis in Fezile Dabi, die dokterskwartiere in Lejweleputswa en vier klinieke en twee hospitale in Xhariep.

Ander Vrystaatse klinieke wat opgradeer gaan word, is dié van die Pelonomi-hospitaal, Boitumelo-hospitaal en die Nasionale Hospitaal, asook die in Rouxville, Rheederspark, Thandanani, Intabazwe en Matwabeng.

* Ntombela het gesê die provinsiale regering ondersteun ook 48 675 kinders teen R17 per dag in die verskillende kinderhuise in die provinsie.

* Die Vrystaatse regering gaan voort om basiese dienste aan mense te lewer. “Teen Desember 2019 is meer as R305 miljoen deur middel van die munisipale infrastruktuurtoelaag aan water-, sanitasie-, paaie-, en stormwater-projekte bestee.”

Met die ingrypings is 1 951 werkgeleenthede, wat hoofsaaklik die jeug en vroue tot voordeel gestrek het, geskep.

* Van die 4 785 behuisingseenhede wat die Vrystaatse regering beloof het om te verskaf, is 1 203 reeds gelewer.

* Van die onderneming verlede jaar om die herverdeling van grond in die Vrystaat te bespoedig, word werk gemaak.

“Die taakspan vir grondgebruik het pakkette van beskikbare grond vir verspreiding geïdentifiseer.”

Uit die 4 902 grondpakkette is 2 628 geïdentifiseer vir oordrag aan regmatige begunstigdes.

“Ons het ook ’n gesprek met ons munisipaliteite in die Vrystaat gevoer om grond beskikbaar te maak en om erwe aan ons mense te gee.

“Dié werk sal in die komende jaar bespoedig word.”

Meer oor:  Sisi Ntombela  |  Vrystaat  |  Kuba  |  Provinsiale Rede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.