Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Vrystaters op Mandeladag aangemoedig om hulle te laat inent

Vrystaters moet almal saamwerk om te verseker dat kudde-immuniteit bereik word deur hulle te laat inent en op Mandeladag (Sondag) moet mense hul familie, vriende, bure, gemeenskapslede en kollegas aanmoedig om hulle te laat inent.

Montseng TsiuFoto: Argiewe

Só het Montseng Tsiu, Vrystaatse LUR vir gesondheid, by monde van Mondli Mvambi, Vrystaatse provinsiale woordvoerder vir gesondheid, in ’n nuusverklaring gesê.

“Ons ikoniese Nelson Mandela het ons gelaat met die nalatenskap waar hy gesê het ‘Dit is in ons hande’.”

Tsiu sê dit is nou in ons hande om ’n geslag te beveilig en van uitwissing te spaar en om te bou aan ’n nog beter nalatenskap vir toekomstige geslagte.

“Dit is waar dat ons nie die aarde van ons ouers geërf het nie, maar ons het dit van ons kinders geleen. Kom ons maak die regte keuses en belê in ’n virusvrye toekoms.”

Sy het gesê dat mense hulle Sondag 07:30 tot 15:00 by Huis Idahlia kan laat inent.

Mvambi het gesê altesaam 1 056 mense is Saterdag by Huis Idahlia ingeënt. Die departement is verheug oor die opkoms.

Volgens hom het mense van kwalifiserende ouderdomme die inentingstasie besoek. Danksy professionele diens het sake flink verloop.

Daar was geen voorvalle of vermorsing van entstof nie.

Mvambi sê Saterdag is agt gesondheidswerkers met hul eerste dosis van die Pfizer-entstof ingeënt. Nog 21 het hul tweede dosis gekry.

Altesaam 46 mense van 60 of ouer het hul eerste dosis gekry, terwyl 255 met hul tweede dosis ingeënt is.

Altesaam 751 mense jonger as 50 het hul eerste dosis en vyf hul tweede dosis gekry.

Mvambi sê die LUR bedank die toegewyde verpleegkundiges wat bydra daartoe dat mense se lewens gespaar bly. Sy bedank alle Vrystaters wat hulle ondanks moontlike vrese laat inent het.

“Vir elke mens wat ingeënt word, is dit die moeite werd om geld, openbare hulpbronne, personeel en tyd in die naweek-inentingsprogram te belê om die verspreiding van Covid-19 in die provinsie, land en wêreld, te voorkom.”

Hy sê dit gaan ook goed met die inentings by die Pelonomi-streekhospitaal. Saterdag is 1 044 inentings hier gedoen, waarvan 456 eerste dosisse was en 588 tweede dosisse.

Mondli MvambiFoto: Argiewe

By die Botshabelo-distrikshospitaal is Saterdag 328 inentings gedoen, waarvan 154 eerste dosisse was en 174 tweede dosisse.

By die Phekolong-sentrum in Reddersburg is 120 inentings gedoen.

Mvambi sê Sondag was daar 376 nuwe gevalle van Covid-19 in die Vrystaat teenoor 520 op Saterdag, 570 op Vrydag en 446 op Woensdag.

“Ons sien nie ’n dramatiese styging in die Vrystaat nie.”

Mvambi sê welsynswerkers, dienswerkers en hul assistente, sal Maandag van 08:00 by die Ou Standard Bank-gebou in Bloemfontein ingeënt word.

Maandag van 11:00 af word inentings by die Grootvlei-gevangenis buite Bloemfontein gedoen. Aangehoudenes sal ook nou ingeënt word.

Vrystaatse statistiek:

Daar was Sondag 376 nuwe gevalle van Covid-19 in die Vrystaat – 129 in die Mangaung-metro, 93 in Fezile Dabi (Noord-Vrystaat), 52 in Thabo Mofutsanyana, 72 in Lejweleputswa (Wes-Vrystaat) en 30 in Xhariep (Suid-Vrystaat).

Die bevestigde gevalle van Covid-19 in die provinsie staan op 122 794 met 105 420 (86%) wat herstel het.

Daar was altesaam 5 493 sterftes sover.

Meer oor:  Montseng Tsiu  |  Mondli Mvambi  |  Vrystaat  |  Koronavirus  |  Inentings  |  Covid-19  |  Kudde-Immuniteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.