Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
VS-dermatoloog skryf boek oor velsiektes
Dr.Lehlohonolo Makhakhe, skrywer van “The African Atlas, synopsis and practical guide to clinical dermatology”.Foto: iFlair Photography

Indien jy met ’n veltoestand worstel, is die waarskynlikheid groot dat dit in ’n omvattende boek oor velsiektes in Afrika opgeneem is.

’n Vrystaatse dermatoloog en akademikus het ’n boek met honderde veltoestande, hoofsaaklik van sy Vrystaatse pasiënte, saamgestel.

Dr. Lehlohonolo Makhakhe, senior dosent en spesialis aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), het ’n behoefte aan ’n uitgebreide boek hieroor raakgesien en so is in 2016 met “The African Atlas, synopsis and practical guide to clinical dermatology” begin.

Dit bevat onder meer veltoestande wat deur kanker, diabetes en dwelms veroorsaak word, asook siektes wat hare en naels affekteer.

Makhakhe, wat in Botshabelo buite Bloemfontein grootgeword het, het die boek spesifiek as hulpmiddel vir mediese en verpleegstudente saamgestel om vir hulle te wys hoe die toestand op die vel manifesteer en wanneer dit nodig is om die pasiënt te verwys.

“Dis soms moeilik vir ’n algemene praktisyn om dié toestande te hanteer.”

Makhakhe sê die boek, wat in Julie deur African Brilliant Minds gepubliseer is, bevat meer as 500 velsiektes. Sowat 30 spesialiste het tot die boek bygedra.

Die UV se departement dermatologie het ’n kliniek by die Universitas-hospitaal waarheen die hospitaal se pasiënte met komplikasies verwys word. Dit is hier waar die meeste van die 1 000 hoëresolusie-foto’s in die boek geneem is.

Aangesien die studente by die kliniek elke week roteer, kry almal nie met dieselfde toestande te doen nie.

Die omslag van “The African Atlas, synopsis and practical guide to clinical dermatology”.

“Ons het finalejaarstudente wat in groepe van vyf of so deur die kliniek geneem word – vandag sien jy dié soort siekte en die volgende dag daardie.

“Ek het toe besluit om geskrewe toestemming by die pasiënte te kry om foto’s vir publikasie te neem en het etiese klaring by die UV gekry.”

Dié boek gaan deel vorm van die mediese studente se leerplan in hul derde tot finale jaar aan die UV.

Makhakhe is in gesprek met verskeie verpleegskole oor die land heen om die boek aan hul studente beskikbaar te stel.

“Klinieke word eintlik deur verpleegsters bestuur. Dit is ’n verpleegster wat ’n veltoestand sal sien en soms is daar nie ’n dokter nie. Dit is dus belangrik dat die verpleegster weet wat dit is en hoe om dit te hanteer.”

Met die boek wil hy hê dermatologie moet as ’n integrale deel van die mediese dissipline beskou word.

“Dissiplines soos dermatologie is geneig om uitgesluit te word aangesien mense se lewe nie noodwendig dadelik in gevaar is nie.”

“The African Atlas, synopsis and practical guide to clinical dermatology” kan slegs aanlyn by die uitgewer bestel word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.