Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
VS-regering het hande vol met kospakkies, bekermingsbevele en boetes
Adj.pres. David Mabuza (regs) deel Vrydag sertifikate uit aan van die 92 maatskaplike werkers wat vir die Vrystaat aangestel is om al die maatskaplike krisisse in die inperkingstyd met Covid-19 in die provinsie te kom help hanteer. Foto: Jarius Mmutle, GCIS

Die Vrystaatse regering het met die Covid-19-inperkingskrisis sy hande vol gehad en 41 607 kospakkies aan armes uitgedeel, 288 haweloses onder dak geplaas, 96 gevalle van gesinsgeweld na howe vir beskermingsbevele verwys, en altesaam 42 verkragtings moes hanteer word.

Slagoffers van die grusame verkragtings was meestal weerloses soos jong kinders, vroue en bejaardes, terwyl oor die R4 miljoen se verkeers- en vervoerboetes ook uitgeskryf moes word, en amper 1 000 mense weens verkeersoortredings alleen in hegtenis geneem is.

So het Kapung Ralikontsane, direkteur-generaal (DG) van die Vrystaatse provinsiale regering, gesê op ’n geleentheid Vrydag waar adj.pres. David Mabuza by die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) in Bloemfontein was om ’n Covid-19-toesigbesoek namens pres. Cyril Ramaphosa en sy nasionale bevelsraad te kom doen.

Ralikontsane het gesê die Vrystaat was besig, maar het sy bes gedoen.

’n Groot diens is aan dakloses gelewer waar altesaam 288 haweloses in tien tydelike skuilings in vier distrikte geplaas is.

’n Groot diens is aan dakloses gelewer waar altesaam 288 haweloses in tien tydelike skuilings in vier distrikte geplaas is.

In Mangaung bly 39 by Tierpoort, 45 in die Kagisanong-saal, 40 in die Norman Doubell-saal en 70 in die Samson Sefuthi-saal. Die totaal van die haweloses wat in Mangaung versorg word, is 248.

In Lejweleputswa (Wes-Vrystaat met Welkom ingesluit), word sewe in die Torontosaal versorg, terwyl die distrik plek vir 70 het, en in Fezile Dabi (Noord-Vrystaat) word 21 in die Mimosa Gardens versorg, ses in die Corny Island School en 34 in die Nyakallong-saal, sodat ’n totaal van 61 in Lejweleputswa versorg word.

In Thabo Mofutsanyana (Oos-Vrystaat) word 23 in die Makwana-jeugsentrum versorg en 27 in ’n lokaal van die Dihlabeng-skouterrein, wat 50 in die distrik is.

Oor die 41 607 kospakkies wat versprei is, sê hy distriksmunisipaliteite was vir 26 389 van die kospakkies verantwoordelik, die nasionale lotery-fonds vir 938 kospakkies, en Sassa (South African Social Security Agency) vir 7 487 kospakkies. Van die geld van die gelyke beregtigingstoelae aan departemente kon 2 482 kospakkies opgemaak word en van beskermende werkwinkels en ander sentrums altesaam 6 060 kospakkies en van nie-winsgewende organisasies is 4 311 kospakkies bekom.

Ralikontsane het gesê ’n hewige probleem is tot dusver met gesinsgeweld in die inperkingstyd ondervind.

In 96 gevalle van huishoudelike geweld moes sake na howe verwys word vir beskermingsbevele en 25 sake is van die howe na maatskaplike werkers vir verdere ingryping verwys.

Altesaam 56 gevalle is ook geskandeer en vir sielkundige ondersteuningsdienste verwys.

Altesaam 77 gevalle is weer na die howe vir beskermingsbevele verwys. Altesaam 31 pare is deur die howe vir beradingsdienste verwys. In nege gevalle waar gesinne slagoffers van geweld was, is hulle vir trauma-berading verwys.

Daar moes ook na 17 gevalle van seksuele oortredings waarby minderjariges betrokke was, omgesien word.

Na 42 sake van verkragting moes in totaal omgesien word en daar moes ook aandag gegee word aan nege sake van beweerde mensehandel.

Na 42 sake van verkragting moes in totaal omgesien word en daar moes ook aandag gegee word aan nege sake van beweerde mensehandel.

“Om die sielkundige-impak van die virussiekte op mense te help hanteer, is daar nou 92 bykomende maatskaplike werkers vir die provinsie aangestel.”

’n Totaal van 159 regeringsgeboue in die Vrystaat is ook ontsmet van ’n totaal van 177 van die geboue sodat 18 nog nie ontsmet is nie.

Ralikontsane het ook gesê van 26 Maart tot 4 Junie is altesaam 228 919 voertuie in 144 padversperrings voorgekeer, was daar 7 511 oortredings, en is 922 mense in hegtenis geneem.

Die waarde van die boetes wat aan hulle uitgeskryf is, was R3 495 239.

Bykomend hiertoe is van 26 Maart tot 4 Junie ingevolge die provinsiale vervoerwet se wetstoepassingsverslag, altesaam 414 boetes uitgeskryf ter waarde van R1 572 100 en is 223 voertuie geskut.

Meer oor:  Vrystaat  |  Mensehandel  |  Kospakkies  |  Verkragting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.