Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
VSA kan sy hoogste getal infeksies nóg aanteken

November is stewig op pad om die maand te wees waarin Covid-19 hoogty in Amerika vier.

Die getal nuwe infeksies en hospitalisasies het steeds rekordafmetings aangeneem.

Woensdag is 143 231 nuwe koronavirusgevalle en 2 005 sterftes in Amerika aangemeld. Dit was die negende agtereenvolgende dag wat die infeksies meer is as 100 000 – ’n nuwe rekord vir daaglikse stygings.

In die eerste tien dae van November is meer as ’n miljoen gevalle aangeteken.

Dr. Anthony Fauci, een van die koronaviruspandemie se grootste helde. Foto: Getty Images

Die koue weer is dalk een van die oorsake, maar bloot omdat meer mense nou binnenshuis is, sê gesondheidskenners.

Dr. Anthony Fauci, Amerika se voorste kenner van oordraagbare siektes, sê Amerika kan die verspreiding vertraag deur voorsorgmaatreëls soos die dra van maskers, die vermyding van groot groepe mense en die handhaaf van sosiale distansiëring.

Fauci het aan ABC gesê hulle wil ’n nasionale inperking ten alle koste vermy.

Hy het ’n beroep op die Amerikaanse publiek gedoen om die maatreëls toe te pas en sê ’n entstof behoort teen die tweede kwartaal in 2021 binne bereik te wees.

Fauci het ook gesê om saam met die Trump-administrasie saam te werk, is stresvol. – ABC, CNN en The Guardian




Meer oor:  Coronavirus  |  Koronavirus  |  Pandemie  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.