Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
VSA sal entstofdosisse direk na SA stuur

Suid-Afrika is een van die lande wat regstreeks entstof uit Amerika gaan ontvang as deel van dié land se plan om 55 miljoen dosisse wêreldwyd te versprei.

Amerika sal entstofdosisse soos Pfizer, Moderna en Johnson & Johnson deel.

Die Withuis het Maandag bekend gemaak 75% van die entstofdosisse wat Amerika met die res van die wêreld gaan deel, sal na Latyns-Amerikaanse lande, die Karibiese Eilande, Asië en Afrika gestuur word.

Van die dosisse sal via die Covax-inisiatief gedeel word, terwyl dosisse ook regstreeks na lande gestuur sal word.

Pres. Joe Biden van Amerika en pres. Cyril Ramaphosa stap op 12 Junie saam by die G7-beraad wat in Cornwall in Engeland gehou is. Foto: Reuters

Die verspreiding van die entstowwe is deel van pres. Joe Biden se onderneming om altesaam 80 miljoen dosisse wêreldwyd te deel.

Reuters  berig meer druk is algaande op Amerika toegepas om meer van sy entstofdosisse met sukkelende lande te deel. Die Withuis het dus nou sy fokus na die res van die wêreld geskuif nadat die VSA se entstofprogram goed gevorder het.

Van die 55 miljoen dosisse sal 41 miljoen aan Covax gestuur word. Minstens 14 miljoen sal aan Latyns-Amerikaanse lande en die Karibiese Eilande gestuur word, terwyl 16 miljoen na Asië en 10 miljoen na Afrika gestuur gaan word.

Volgens die Withuis sal die ander 25% met lande soos Colombia, Argentinië, Irak en Oekraïne gedeel word, en in die Wesoewer en Gasastrook versprei word.

Jen Psaki, woordvoerder van die Withuis, het gesê daar was logistieke probleme om Amerika se entstofdosisse by ander nasies te kry.

Sy het gesê Amerika het genoeg dosisse om met die res van die wêreld te deel. Sy het gewys op die belangrikheid daarvan dat die inligting oor die veiligheid van die entstowwe en teen watter temperatuur dit gestoor moet word, met die ontvangers gedeel moet word. Die taalkwessie sal oorkom moet word.

Biden beplan ook om 500 miljoen entstofdosisse by Pfizer te koop en aan die armste lande in die wêreld te skenk.


Meer oor:  Joe Biden  |  Vsa  |  Dosisse  |  Withuis  |  Entstof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.