Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
W-Kaapse LUR in kwarantyn ná positiewe Covid-19-toets

Albert Fritz, Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid, het Vrydag bekend gemaak dat hy positief vir Covid-19 getoets is en onmiddellik met selfkwarantyn begin het.

Hy het die middag op sy Facebook-blad aangedui dat lede van sy personeel ook onder selfkwarantyn geplaas is.

“Ek het dit al voorheen as ’n voorsorgmaatreël gedoen omdat ek weet dit is die sekerste manier om verspreiding te verhoed.”

Fritz sê hy maak seker dat al sy vergaderings aanlyn gaan wees en fokus op sy herstel tuis.

“Ek wil inwoners herinner dat ons as ’n provinsie ’n herlewing van Covid-19-gevalle ervaar en ons moet voortgaan om ons hande te was, maskers reg te dra en ’n veilige afstand van mekaar te behou.”

Alan Winde, premier, is ook vroeër vanjaar positief vir die virussiekte getoets en dit het in Julie daartoe gelei dat die LUR’e Anton Bredell en David Maynier in kwarantyn moes gaan ná nabye kontak met hom.


Meer oor:  Albert Fritz  |  Wes-Kaap  |  Koronavirus  |  Kwarantyn  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.