Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Welkom: Hoop vir mense met katarakte

Altesaam 26 behoeftiges wat weens katarakte nie kon sien nie, het die geleentheid aangegryp om gratis operasies in die Welkom Mediese Sentrum te ondergaan.

Die operasies is deur dr. Steve Steyn gedoen en die narkotiseur dr. Simanga Vuthela het ook as deel van die Reg-om-te-sien-veldtog sy dienste gratis aangebied.

Daar is ’n ellelange waglys vir katarakoperasies op die Goudveld en die Welkom Mediese Sentrum beskou dit as ’n geleentheid om iets in die gemeenskap terug te ploeg.

Twee jaar gelede het 22 pasiënte gratis katarakoperasies ondergaan.

Gratis katarakoperasies is by die Welkom Mediese Sentrum gedoen. Voor is twee pasiënte van Welkom, Eliza Mongale en Peter Brown. Agter links is die twee verpleegsters Mercia Smuts en Francisca van Blerk saam met dr. Steve Steyn wat die katarakoperasies gedoen het, en die narkotiseur dr. Simanga Vuthela.

Die Welkom Mediclinic het in samewerking met die openbare sektor en ander belanghebbendes hande gevat deur die nodige mediese voorraad en teaters op 14 Oktober vir die operasies beskikbaar te stel. Die dienste van verpleegpersoneel is ook gratis beskikbaar gestel om die lewe van hulpbehoewendes te verbeter.

Bausch & Lomb het die lense geskenk wat ingeplant is.

Linda Gebhardt, verpleegbestuurder van die Welkom Mediese Sentrum, sê die verwydering van katarakte is ’n relatief eenvoudige operasie. “Die operasie verander egter mense se lewe drasties.”

Volgens Frans van Niekerk, hoofbestuurder van die Welkom Mediclinic, werk verskeie rolspelers saam aan die projek om gesondheidsorg in Suid-Afrika te verbeter.

Meer oor:  Katarakte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.