Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Wense van beterskap stroom in vir Mkhize-egpaar

Dr. Tedros Ghebreyesus, hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie, het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, en sy vrou, May, Maandag spoedige beterskap toegewens nadat hulle albei positief vir die koronavirus getoets is.

Pres. Cyril Ramaphosa, Alan Winde, Wes-Kaapse premier, Fikile Mbalula, minister van vervoer, en dr. Sibongiseni Dhlomo, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor gesondheid, het die egpaar ook Maandag in verklarings of op sosiale media sterkte toegewens.

Mkhize het Sondag in ’n verklaring gesê hy sal tuis isoleer en die tyd gebruik om te rus.

Zweli Mkhize, minister van gesondheid

Ghebreyesus sê in ’n twiet hy wens Mkhize, wat hy as ’n broer beskryf, en sy vrou, ’n vinnige herstelproses toe.

“Ek stem heelhartig daarmee saam dat almal hul deel moet doen om hulself en hul geliefdes veilig te hou. Saam!” lui die twiet.

Ramaphosa wens die egpaar in ’n verklaring ’n veilige en rustige herstelproses toe.

“Dit is ’n herinnering dat hoewel die inperkingsvlak – met rede – verslap is ons nie oorgerus kan wees nie. Die virus sal aanhou om te versprei as ons nie voorsorgmaatreëls toepas soos die handhawing van sosiale distansiëring, die dra van maskers en higiëne nie.”

Mbalula twiet dat Mkhize alles op die spel geplaas het en dat hy daarom na homself moet omsien.

Meer oor:  Dr. Zweli Mkhize  |  Covid-19  |  Infeksies  |  Koronavirus  |  Syfers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.