Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Wes-Kaap is reg vir vlak 3, sê Winde

Die Wes-Kaap se gesondheidsdienste is ten volle gereed vir die piek van die Covid-19-pandemie en die provinsie kan na vlak 3 geskuif word, sê Alan Winde, Wes-Kaapse premier.

“Ons moet onthou die wetenskaplike rede vir die inperking was om aan ons tyd te gee om voor te berei vir die piek. Covid-19 kan nie gekeer word nie en baie mense gaan in die komende weke siek word. Die kernmaatstaf wat gebruik moet word om die vlakke van inperking te bepaal, is of die provinsies gereed is om aan elke persoon die nodige sorg te gee wanneer hulle dit nodig het.

“Ons glo die hele Wes-Kaap kan na vlak 3 skuif,” sê Winde.

Hy sê daar is reeds ver gevorder om die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (Kiks) om te skakel tot ’n tydelike veldhospitaal met 850 beddens. Nog veldhospitale met 660 bykomende beddens gaan langs die R300 in die metro, in Khayelitsha en ook in die Wynlande-distrik ingerig word.

Dit is bo en behalwe die 2 162 beddens in algemene hospitaalsale en 150 beddens in hoësorgeenhede in die provinsie.

Daar is reeds 3 888 gemeenskapswerkers ontplooi en ’n verdere 464 sal binnekort hierby gevoeg word.

Die Wes-Kaap het ook die hoogste getal toetse per capita van al die provinsies (1 347,27 per 100 000 inwoners) tot dusver gedoen.

Daar word gefokus op kernpunte met ’n hoë aantal besmettings. Altesame 473 348 mense is reeds deur siftingsprosesse waarvan 12 095 verwys is vir koronavirustoetse.

Daar is 432 ventilators in die provinsie beskikbaar en nog 100 ekstra is reeds bestel, sê Winde.

Meer oor:  Alan Winde  |  Koronavirus  |  Gereedheid  |  Vlak 3  |  Ventilators
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.